Een van die hoogtepunte op vanjaar se kykNET Buite-ekspo Limpopo is die groot verskeidenheid woonwaens, kampeerwaens, pasgemaakte sleepwaens en ander mobiele eenhede wat uitgestal gaan word.
Van die land se voorste verskaffers in dié bedryf gaan van 2 tot 4 Augustus hul jongste woon- en kampeerwaens in die Sondela Nature Reserve & Spa net buite Bela-Bela in Limpopo uitstal.

Weelderige stofvreter
Handelsmerke soos Conqueror, Loftus Caravan City, Invader, Sherpa Leisure, Pretoria Caravans, Fiamma, Infanta 4x4, Roadque, Mobi Lodge en Maxmo Adventure Campers sal besigtig kan word.
Daar is deesdae so 'n groot verskeidenheid van produkte in dié mark dat jy jou huiswerk vooraf behoorlik moet doen om seker te maak jy koop iets wat by jou leefstyl, verwagtinge en jou beursie pas.
Vandag se waens is luuks, stylvol én prakties.
En vergeet maar van daardie treurige, muwwerige woonwaens van ouds. Vandag se waens is luuks, stylvol én prakties.
Handelsmerke soos Conqueror, Invader, Infanta 4x4 beskik oor viertrekvermoëns wat beteken dat daar geen rede is waarom jou huis-op-wiele jou nié na droombestemmings kan neem nie. As jy 'n onherbergsame terrein wil aanpak mét die gerief van 'n mikrogolfoond, is hierdie die weelderige stofvreter vir jou!
Groter waarde vir geld
Hoewel die aankoop van 'n woon- of kampeerwa aanvanklike 'n groot uitgawe is, is dit 'n langtermynbelegging. En hoe meer jy jou woonwa gebruik, hoe groter waarde kry jy vir jou geld. En daarmee saam die gerief van oppak en ry sonder om jou vooraf te bekommer oor die beskikbaarheid van (duur) verblyf.
Omdat die meeste van hierdie kampeer- en woonwaens toegerus is met álles wat jy nodig het, hoef jy boonop nie te veel energie te mors om in te pak nie.
Nuwe tegnologie en slim ontwerp maak dit ook moeiteloos om jou kampeer- of staanplek in te rig wanneer jy eers jou bestemming bereik het sodat jy vroegaand reeds by die braaivleisvuur kan uitspan.

Steeds onseker waar om jou woonwa met jou volgende vakansie te parkeer? Loftus Caravan City se webblad bied 'n omvattende lys met skakels na gewilde kampeerbestemmings oor die hele Suid-Afrika.
Die petrolprys wat deesdae knaend aan almal se beursies vreet, het jou dalk genoop om jou dorstige brandstofmotor vir 'n kleiner model in te ruil.
Hoe nou gemaak met 'n woonwa? Sherpa Leisure spesialiseer in klein, liggewig woonwaens wat spesifiek vir kleiner motors ontwerp is.
Daar is deesdae ook talle goeie tweedehandse woon- en sleepwaens in die mark.
Aërodinamiese ontwerpe
As jy jou oog op só 'n kopie het, kan jy gerus by Pretoria Caravans inloer, waar nuwe én gebruikte voertuie te koop is.
Gaan maak 'n draai by Fiamma se uitstalling as jy 'n drarak vir jou bergfiets, 'n ekstra afdak vir jou woonwa of enige ander nuttige toerusting soek. Dié produkte is daarop gemik om jou buitelug-uitstappie nóg geriefliker te maak.
Vir enigiets van huishoudelike artikels soos ys- en vrieskaste of tegniese produkte wat met asse en veerstelsels verband hou, sal Roadque se span jou met raad kan bedien.Mobi Lodge spesialiseer in aërodinamiese ontwerpe wat die weelde van 'n woonma met die avontuurlus van 'n kampeerwa kombineer, met ekstras wat wissel van gerieflike matrasse tot badkamers, gasprodukte, lugversorging en selfs sonpanele.
As jy hou van die gedagte om 'n afsonderlike woonwa te sleep nie, maar 'n ruim voertuig wat omskep is in 'n pasgemaakte huis op wiele verkies, sal Maxmo Campers jou drome bewaarheid - kompleet met die gerief van 'n DStv-skottel!
- Of jy nou reeds 'n woon- of kampeerwa vir die Desember-vakansie wil koop of dalk beplan om een oor 'n paar jaar aan te skaf om saam te val met jou aftrede - daar sal iets vir elkeen wees op die kykNET Buite-ekspo Limpopo.
Koop jou kaartjies nou
Kaartjies is by die hekke beskikbaar of kan vooraf aanlyn by Computicket of by enige Money Market-toonbank in Shoprite/Checkers-winkels gekoop word. Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.












