Promosie

Zorada is opnuut in Orrelstemmingh

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Zorada Temmingh het ’n spesiale program op die orrel by die Stellebosch Moederkerk uitgevoer.   Foto: NARDUS ENGELBRECHT
Zorada Temmingh het ’n spesiale program op die orrel by die Stellebosch Moederkerk uitgevoer. Foto: NARDUS ENGELBRECHT

Zorada Temmingh het 'n spesiale program vir Woordfees TV op die pragtige ou orrel in die Stellenbosch Moederkerk uitgevoer. Dit sluit spirituele werke deur Justin Knecht, Martin Nystrom en Henry Thomas Smart in. Sy speel ook 'n keur uit Verdi se operamusiek.

" 'n Orrel is 'n oogvol." Só sê Zorada van die opname wat sy vir Woordfees TV gemaak het. "Die orrel is groot! 'n Volle skoot van die orrel se frontpype laat die orrelis na 'n mier lyk." Boonop wil die gehoor graag die orrelis se hande en voete sien speel. "Min mense het al werklik van naby gesien wat alles ter sprake is by orrelspel."

Dan is daar die omvang van die orrel se toonhoogtes - van baie laag tot amper onhoorbaar hoog. Ook die volume-uiterstes is aansienlik. "Om werklik hieraan reg te laat geskied, moet die klankman sy storie ken," meen Zorada.

Wat die musiek betref waarna kykers kan uitsien, het sy vrye keuse gehad, sê Zorada. "Ek het wel bewustelik probeer om te fokus op musiek wat vir die breër publiek herkenbare elemente sou bevat. In die eerste deel van my program speel ek improvisasies op kerkmelodieë wat nie aan een denominasie verbonde is nie, en in die laaste deel van die program speel ek verwerkings van geliefde operamusiek waarmee kykers hopelik sal kan saamsing. Die enigste onbekende is 'n vrye fantasie ("Wavering") wat ek onlangs as opdrag-improvisasie vir New Music SA gemaak het - die opdrag was vir Stories we told ourselves en dit handel oor my ervaring van die grendeltyd."

Sy is nie vreemd vir TV-opnames maak nie, maar dit bly spannend. "Die filmspan het baie moeite gedoen. Ek vind hierdie proses baie interessant, en vir my was dit 'n wonder­like geleentheid om op te tree en my musiek op 'n ander platform te deel."

Soos met konserte wat in persoon gehou word, sal hier ook toeligting tussen stukke gegee word. "Die enigste aspek wat anders sal wees, is dat die afdruk van al die regte registers vir elke stuk meer stroombelyn sal wees, of glad nie gewys sal word nie."

  • Zorada in Orrelstemmingh | 3 Oktober | 7 Oktober

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM