'n Besprekingsdokument met besonderhede van die onttrekkings wat toegelaat sal word uit aftreefondse, word binnekort uitgereik.
Geen verdere aankondiging is in Donderdag se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) gedoen nie.
Enoch Godongwana, minister van finansies, het in sy begrotingsrede gesê insette word gesoek oor die voorstel voordat 'n verdere aankondiging daaroor in die 2022-begroting gedoen sal word.
Die aftreefondsbedryf het asem opgehou oor die besonderhede van die regering se voorstel om aftreefondslede toe te laat om 'n gedeelte van hul aftreegeld voor aftrede te onttrek.
Die idee is om finansiële verligting aan mense te gee wat sukkel.
Onder die voorgestelde regime sal die aftreegeld in twee potte geplaas word, een wat beskikbaar is vir krisisse en een wat gehou moet word tot ná aftrede.





















