Begroting

Fitch: SA is te optimisties oor staatskuld

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Fitch Ratings is ook nou negatief oor Suid-Afrika se finansiële toekoms. Foto: Argief
Fitch Ratings is ook nou negatief oor Suid-Afrika se finansiële toekoms. Foto: Argief

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Fitch glo die vooruitsig vir Suid-Afrika se staatskuld deur die nasionale tesourie verlede week in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) is te optimisties.

Die tesourie het voorspel dat staatskuld 'n piek van 75,5% van die BBP in die boekjaar tot einde Maart 2026 gaan bereik.

Fitch glo egter die piek gaan eers in die daaropvolgende boekjaar bereik word en teen 'n hoër koers van 76,9%.

"Ons vooruitskatting van die staatskuld is hoër as die regering s'n."

Dit is deels omdat Fitch se vooruitskatting voorsiening maak vir aannames oor staatshulp aan Transnet.

Indien die regering wel die pad volg om die staatskuld te stabiliseer soos wat dit in die MTBR uiteengesit is, sal dit positief vir die land se kredietgradering wees, sê Fitch.

"As ons meer vertroue kry dat die vooruitsig vir groei op mediumtermyn beduidend verbeter om die probleme wat met fiskale konsolidasie geassosieer word te verminder, sal dit positief vir die gradering wees."

Die tesourie het sy vooruitsig vir die ekonomiese groei van die land opwaarts aangepas tot 'n gemiddeld van 1,8% per jaar vir die komende drie jaar. - Bloomberg

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM