Begroting

Staatsamptenare aanvaar verhoging van 7,5%

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tussen die aanbod van 4,5% en ’n eis vir 12,5% moet die 2023-verhogings van staatsamptenare nog beding word. Foto: Pexels.com
Tussen die aanbod van 4,5% en ’n eis vir 12,5% moet die 2023-verhogings van staatsamptenare nog beding word. Foto: Pexels.com

Nadat die loononderhandelinge in die staatsdiens uitgekring het, het die meerderheid vakbonde amptelik tot 'n verhoging van 7,5% ingestem.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) sê Donderdag in 'n verklaring hy het die staat se jongste aanbod van 7,5% aanvaar. Dit is een van die grootste vakbonde in die staatsdiens.

Dit volg nadat die staat se eerste "ononderhandelbare" aanbod van 4,7% ten volle deur vakbonde verwerp is en deels gelei het tot die onwettige en gewelddadige staking van onder meer Nehawu in Februarie en Maart.

Nehawu is egter meestal gemotiveer deur die staat se weiering om onderhandelinge vir 2022 se salarisverhogings te hersien, en was net aangespoor deur die "swak" aanbod vir 2023.

Dié vakbond het onder meer 'n terugwerkende verhoging van 10% vir 2022 geëis.

Die VSA sê die 7,5% vir 2023 is genoeg om die kontantuitbetaling wat amptenare al drie jaar ontvang, maar veronderstel was om net vir 'n jaar te geld, te vervang.

Die 7,5% is ook net 'n gemiddelde verhoging, aangesien amptenare in al 12 vlakke van indiensneming verskillende verhogings sal kry.

Daar is ook as deel van die skikking ooreengekom dat amptenare die "gewone" 1,5%-verhoging sal kry vir vordering in posvlakke.

Alle partye sal binnekort die ooreenkoms teken en sirkuleer aan hul lede.

William Horne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM