Australiese vroue neem langer om eiendomsleer te klim

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Minder as een uit elke drie vroue in Australië onder die ouderdom van 30 besit 'n residen­siële eiendom, vergeleke met ongeveer een uit elke twee mans, toon CoreLogic se jaarlikse vroue-en-eiendomsverslag, wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Hoewel vroue op 'n latere ouderdom (44 jaar en ouer) wel eienaar­skap van 'n huis of woon­stel kry, is hulle meer geneig om eiendom saam met iemand te besit en hoër skuldvlakke as mans te hê.

Eliza Owen, navorsingshoof van CoreLogic, sê die langer tyd wat dit vroue neem om die eiendomsmark te betree, kan wel 'n langtermynuitwerking op hul finan­sies hê.

Besit van residensiële eiendom volgens geslag en ouderdom:

Generasie Z (12- tot 27-jariges)

Vroue: 27,3%

Mans: 51,6%

Millenniërs (28- tot 43-jariges)

Vroue: 72,5%

Mans: 63,5%

Generasie X (44- tot 59-jariges)

Vroue: 75,8%

Mans: 69%

Baby Boomers (60- tot 69-jariges)

Vroue: 83,3%

Mans: 84,5%

  • Bron: The Sydney Morning Herald

SPELETJIES VANDAG

CTA