Bie op sielerus in Morningside Manor

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie lieflike huis in Morningside Manor kom volgende week onder die hamer. Foto: Rawson
Hierdie lieflike huis in Morningside Manor kom volgende week onder die hamer. Foto: Rawson

Genestel in die hartjie van Morningside Manor, Johannesburg, bied hierdie sjarmante tweeslaapkamerwoning 'n rustige toevlug met baie privaatheid en uitstekende veiligheid.

Die eiendom is geleë in Blackfordweg met 'n ingang wat ekstra afsondering en sielerus vir die nuwe inwoners moontlik maak.

Met die instap word jy begroet deur 'n welige tuin met volwasse vrugtebome.

Daar is 'n dubbele motor­afdak, terwyl die baie ruimte geleentheid bied vir 'n braaiplek en ander buite-onthaalgeriewe.

Die huis se oopplan-uitleg bied binne 'n warm atmosfeer en bestaan uit 'n eet-en-sit­kamer met 'n kaggel vir die koue winteraande wat kom.

Die stylvolle, moderne kombuis met sy mosaïekteëloppervlakke is toegerus met noodsaaklike en luukse items soos 'n gasstoof en elektriese oond.

Daar is twee slaapkamers met ingeboude kaste en die hoofslaapkamer het dubbeldeure wat op die tuin oopmaak. Die badkamer het 'n groot stort.

Die onderdakstoep met ingeboude sitplekke is ideaal vir al fresco-etes of om eenvoudig die heerlike sonskyn te geniet.

Sekuriteit word verskaf deur diefwering en 'n afstandbeheerde hoofingang.

Met die eiendom wat onbeset sal wees met oordrag, word die potensiaal aangebied vir huurinkomste van R12 000 tot R15 000 per maand vir beleggers.

Volgens Tanya Jovanovski van Rawson Auctions Wes-Kaap bied hierdie pragtige woning 'n harmonieuse kombinasie van gemak, gerief en sekuriteit vir 'n residensiële ligging.

"Met sy welige tuin, moderne geriewe en potensiaal vir huurinkomste bied hierdie eien­dom die ideale geleentheid vir mense om die leefstyl in Morningside Manor te geniet," meen Jovanovski.

  • Die veiling vind op Woensdag 24 April om 12:00 plaas met 'n reserweprys van R1,55 miljoen en 'n verwagte openingsbod van R1,5 miljoen. Bel Jayson Fenske by 060 827 5286 om besigtiging te reël of vir nader inligting.

SPELETJIES VANDAG

CTA