'n Netjiese, vrystaande en private tweeslaapkamer-deeltiteleenheid in 'n veilige landgoed in Craigavon-gaan op 4 Oktober deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil word. PVA se Clive Lazarus sê daar is baie wat in die guns tel van hierdie beleggingeiendom: ligging, privaatheid en veiligheid.
"Hier is 'n ongewone vonds in Johannesburg. Die eenheid bied inwoners toegang tot alles wat die stad bied, asook vrede en 'n gemaklike leefstyl."
Met twee slaapkamers, twee badkamers, 'n kombuis met 'n ontbythoekie, 'n motorafdak en 'n ommuurde tuin is die eenheid ideaal vir 'n enkelpersoon of paartjie.
Eenheid nr. 35 is geleë in die Talavera Estate, 'n residensiële landgoed in Inchangaweg in Craigavon, Fourways. Die ligging bied maklike toegang tot Fourways, Bryanston en Sandton via Ceder- en Witkoppenweg en Winnie Mandela-rylaan (voorheen William Nicol-rylaan). Nabye geriewe sluit in die Fourways-winkelsentrum, Montecasino, die Life Fourways-hospitaal en verskeie bekende restaurante.
- Die veiling word op die perseel gehou op Woensdag 4 Oktober om 11:00. Vir 'n afspraak vir besigtiging en verdere inligting, besoek parkvillageauctions.co.za, webverwysing 1351. Vir breedvoerige inligting, skakel 011 789 4375 of besoek parkvillageauctions.co.za.















