Dan van Zyl bied op Dinsdag 12 Desember 'n bestorwe boedelveiling aan van 'n netjiese woonhuis in Scottsdene.
Die woonhuis het 'n teëldak. Daar is drie slaapkamers, waarvan die hoofslaapkamer 'n en suite-badkamer het, en daar is ook 'n tweede volledige badkamer. Die huis het ingeboude kaste, 'n sitkamer, 'n mooi kombuis met netjiese kaste en 'n enkelmotorhuis.
Die ommuurde erf is 198 m2 en die huis is sowat 73 m2 groot.
Die woning is goed onderhou en is in 'n lekker stil omgewing geleë, naby hospitale, skole, klinieke, kerke, winkelsentrums, naskoolsentrums en die N1.
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir eerste huiskopers, spekulante of as 'n aftreehuis.
Die huis móét verkoop word en daar is geen reserweprys nie, alhoewel enige aanbod onderhewig is aan die bekragtiging van die eksekuteur.
Veiling: Dinsdag 12 Desember om 11:00
Plek: Spriggstraat 30, Scottsdene
Besigtiging: Vanaf 10:30 op die dag van die veiling
Navrae: Bel Dan van Zyl by 082 458 3867 of stuur e-pos aan danvanzyl49@gmail.com.














