Droomhuis vir ’n fynproewer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hierdie kontemporêr ontwerpte, weelderige eiendom met sy pragtige en boomryke tuin is naby Pretoria se R21-lughawepad en ander snelweg-afritte.

As jy 'n perfeksionistiese koper is en hou van privaatheid, moenie huiwer om na die eiendom te kom kyk nie. Dit is baie veilig weggesteek en net bereikbaar met 'n breë pypsteelpad deur reusehekke.

Die luukse eiendom bied 'n ruim en private erf.
Die luukse eiendom bied 'n ruim en private erf. (SYSTEM)

'n Natuurliefhebber sal volpunte aan die keurige tuin met waterfonteine en gesellige buitelug-kuier- en braairuimtes onder die groot bome gee.

Die eiendom met sy uitson­derlike nagbeligting is ook eni-ge onthaalliefhebber se droom met vier ekstra ruim en ineenvloeiende leefruimtes.

Geen aandag aan detail is gespaar nie en hierdie uniek ontwerpte, elegante woning spog met dubbelvolume- of trippelvolume-onthaalareas.

Die onderdakstoep, wat deel van die hoofhuis vorm, is iets uiters spesiaals met onthaal- en braai-voorbereidingsgeriewe, waar tot 40 mense met gemak onthaal kan word. Dit kyk uit oor die verligte spuitfonteine en pragtige tuin.

Die eetkamer is prakties naby die goed toegeruste kombuis met sy spens en aparte waskamer, terwyl die TV- en gesinskamer ook met die buite-onthaalruimtes verbind is. Die songevulde formele sitkamer met reusevensters wat oor die tuin en swembad uitkyk, het ook aansluitend 'n groot studeerkamer met sy eie private buite-ingang en onthaalstoep.

'n Grasieuse trap lei na die boonste, afsluitbare veiligheid­sone, waar vier dubbelslaapkamers met luuks afgewerkte badkamers bymekaar geplaas is.

Besonder noemenswaardig is die hoof-en suite-slaapkamer met sy droombadkamer met verhitte handdoekrelings, ingevoerde Italiaanse krane, groot spa-bad met 'n uitsig na buite en sy eie private reusebalkon.

As bonus het die huis prakties geplaaste lugversorgingstoestelle.

Dit spog ook met 'n uitgebreide veiligheidstelsel met moniteringstoestelle wat oor jou foon gemonitor en beheer kan word, elektriese heinings, veiligheidstraaltoestelle en twee aparte alarmstelsels.

Daar is baie netjiese huiswerkerkwartiere, vier pakkamers, 'n dubbele motorhuis en oorgenoeg ekstra en veilige geplaveide terreinparkering. Daar is ook 'n groot kragopwekker as bystandshulp gedurende beurtkrag, asook veselkabel.

  • Die woning is Saterdag tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers in Rigel- en Polarislaan.

Kortliks:

Adres: Polarislaan 313, Waterkloofrif

Prys: R6 850 000

Erfgrootte: 2 054 m²

Gebougrootte: 515 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 4

Motorhuise: 2

Agent: Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA