Eiendomme

Een van die bestes

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hierdie internasionaal bekende vyfster-bekroonde boetiekhotel kan jou unieke, private droomhuis wees.

Andersins kan dit 'n puik belegging wees om konferensies, troues en geleenthede aan te bied, met akkommodasie vir gaste.

Die vooraansig van die boetiekhotel.
Die vooraansig van die boetiekhotel.

Dié hotel is reeds gevestig sedert 1996 as een van Afrika se bestes. Verskeie filmspanne het oor die jare tonele hier verfilm.

Daar is agt asemrowende en suite-slaapkamers met vol badkamers. Die kamers is almal toegerus met lugversorgers, 'n klein kombuis, sitkamer en toegang tot die balkon.

Verder is daar twee reuse- formele sitkamers, een onthaalarea en selfs 'n danssaal. Die groot geteelde stoep is ook iets besonders.

Die ingangsportaal is indrukwekkend met pragtige trappe en marmervloere.

Die kombuis is volledig toegerus met industriële gereedskap van topgehalte met stoorkamers en 'n opwaskamer. Daar is ook 'n wynkelder. Die binnehof met sy tropiese gevoel en fontein met 'n ingeboude kroeg skep 'n spesiale atmosfeer.

Verder is daar ook 'n linne- en-waskamer. Die verhitte swembad het selfs 'n spesiale klanksisteem onder die water. Vir verdere ontspanning is daar 'n jacuzzi en 'n sauna. Personeelkwartiere is ook netjies en gerieflik uitgelê. 'n Groot krag­opwekker hou die hele perseel se krag aan tydens beurtkrag.

Potensiële kopers het ook die opsie om die aangrensende eiendom te koop wat sewe pragtige en suite-slaapkamers bied met genoegsame parkering.

Die huis bring 'n gevoel van luuksheid, eertydse sjarme en rustigheid.

Kortliks:

Area: Muckleneuk, Pretoria

Prys: R24 500 000

Huisgrootte: 1 500 m²

Erfgrootte: 1 801 m²

Slaapkamers: 8

Badkamers: 9

Motorhuise: 3

Agent: Aïda Pretoria-Oos. Bel Dedré Swart by 078 679 6499 of stuur e-pos aan dedre@­aidapta.co.za. Vir meer inligting, besoek aida­.co.za en gebruik die verwysingsnommer JP - 6086805.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM