Park Village Auctions gaan twee ruim gesinswonings in die luukse Vaal de Grace-gholflandgoed in Parys, die Vrystaat, opveil en volgens Clive Lazarus, PVA-direkteur, is die eiland-landgoed deur die Vaalrivier omring en dit bied 'n benydenswaardige leefstyl.
"Die rustigheid van 'n welige eiland-leefstyl met voortreflike eiendomme en toegang tot die land se eerste Nick Price Signature-gholfbaan is reeds aantreklike kenmerke vir enige kieskeurige koper. En om by te voeg, die landgoed is slegs 'n uur buite Johannesburg geleë," sê Clive, wat meen daar gaan op 16 April 'n goeie bywoning wees vir die veiling op die perseel.
"óf om by jou eiendomsportefeulje te voeg óf om 'n statige, idilliese woning vir jou gesin aan te skaf, voorsien Vaal de Grace alle regmerkies vir 'n belegging wat die moeite werd is," voeg Clive by.
- Verrigtinge begin om 12:00 by Soetdoringsingel 104, 'n vierslaapkamerwoning met 'n dubbelmotorhuis en 'n swembad met 'n grootte van 849 m².
Direk daarna volg die veiling van Soetdoringsingel 107, ook 'n vierslaapkamer-gesinswoning met 'n dubbelmotorhuis en 'n swembad en met 'n grootte 918 m².
Besigtiging vind plaas volgens afspraak op Sondag 14 April tussen 14:00 en 16:00.
Vir verdere inligting, besoek parkvillageauctions.co.za. met die webverwysing 1349 of skakel 011 789 4375.




















