Groenkloof bly een van die veiligste en gesogste woongebiede in Pretoria danksy sy sentrale, gevestigde en landelike atmosfeer.
Die feit dat daar veiligheidsbeheerde toegang is in die omheinde veiligheidsdorpie dra by tot Groenkloof se rustige atmosfeer.

Die area is omring deur hoofaar-vervoerroetes en word ook bedien met goeie publieke vervoerstelsels, asook twee Gautrein-stasies net om die draai, terwyl dit binne 5 minute tot 8 minute se ry na verskeie N1-afritte en die R21-lughawepad is.
Die omskepping van hierdie elegante woning met sy ontwerperstuin is fyn beplan. Met aandag aan die fynste besonderhede is dit keurig opgeknap en gemoderniseer.
Net die jongste, allerbeste gehalte-afwerkings en -toebehore is gebruik in die opknapping.
Boonop is daar 'n sonkragstelsel wat bestaan uit 'n 8 kW-omskakelaar met 'n 5 kW-litiumbattery en tien 5,5 kW- fotovoltaïese panele.
Daar is ook 'n sterk veselkabel-installasie.
Vir totale gemoedsrus is daar 'n afstandbeheerde alarmstelsel wat bestaan uit 32 sones wat met Wi-Fi van jou selfoon bestuur kan word. Die kameramoniteringstelsel het agt kameras wat die buite-areas volledig dek en ook van jou selfoon besigtig kan word.
Die trappe parallel met die terrasse lei na 'n groot voordeur en imposante dubbelvolume ingangsportaal.
Die reuse-oopplan-leefarea met die mooiste houtvloere en gesellige kaggel-kuierarea het groot skuifdeure na die sonnige buitestoep, wat noord uitkyk, terwyl daar reuse-opvoudeure aan die suidekant is wat jou nooi na die swembad, onthaal-en-braaiarea.
Daar is ook gerieflik 'n buite-badkamer by die swembad.
Die moderne kombuis is toegerus met baie ingeboude kaste, voorsiening is gemaak vir sowel gas- as elektriese toebehore en daar is pragtige wit werkoppervlakke. Die reuse- en praktiese kombuis-werkeiland is 'n groot bonus.
Daar is ook 'n aparte opwaskamer met ingeboude kaste en daar is voorsiening gemaak vir al die masjiene wat jy ook al wil installeer. Die huis is veeldoelig ontwerp. Op die grondvlak is daar twee en suite-slaapkamers met hul eie sitkamer en kombuisgeriewe.
Hierdie private vleuel kan ook perfek werk as 'n kantoorvleuel. Daar is volop en veilige geplaveide parkering.
'n Breë trap lei na die boonste verdieping, waar daar twee ruim, songevulde slaapkamers elk met sy eie pragtige, modern afgewerkte badkamer is. Die hoof-en-suite is enigiemand se droom met tonne kaste, terwyl die badkamer iets uit die boonste rakke is en net die mooiste en beste bied wat beskikbaar is.
Daar is volop speelplek en fietsryplek vir kinders op die erf en die pragtige tuin is maklik om in stand te hou met sy eie gerekenariseerde besproeiingstelsel.
Daar is ook 'n dubbele motorhuis en agter die woning is ook 'n addisionele veilige parkeerplek vir 'n woonwa of derde voertuig.
- Die woning is Saterdag die 9 Maart tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers in Baines- en Wenning-straat.

Kortliks:
Adres: Wenningstraat, Groenkloof
Prys: R4 995 000
Erfgrootte: 1 037 m²
Gebougrootte: Ongeveer 315 m²
Slaapkamers: 4
Badkamers: 4
Motorhuise: 2
Agent: Heiberg Estates.
Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

















