Eiendomme

Enige onthaler se droomhuis

Hierdie unieke woning se ruimte, elegansie en karakter spreek vanself en is die perfekte kombinasie van modern en klassiek.

Lewe sorgvry in hierdie rustige en veilige omgewing.

Die vooraansig van die huis met sy boomryke tuin en pragtige swembad.
Die vooraansig van die huis met sy boomryke tuin en pragtige swembad.

Op die onderste vlak is die studeerkamer en kombuis, albei met hoëgehalte-afwerkings. Daar is ook 'n gastetoilet, twee leef­areas, 'n eetkamer en 'n patio.

Die dubbelvolume-leefareas skep 'n gevoel van ruimte, lig en vloei na buite, waar die swembad, omring deur 'n lowergroen tuin, van dié woning 'n heerlike onthaalhuis maak.

Op die boonste verdieping is vier slaapkamers met gehaltehoutkaste en twee badkamers. Die hoofslaapkamer is besonder ruim met 'n volledige en suite- badkamer, asook 'n balkon wat oor die tuin kyk. Ekstras sluit in drie lugverkoelers, 'n huiswerker- en badkamer, vier stoorkamers, 'n dubbelmotorhuis, kragopwekker, besproeiing- en alarmstelsel met veiligheidskameras en sensors om die huis.

Waterkloofrif is gerieflik geleë naby aan skole, die Universiteit van Pretoria, winkelsentrums en snelweë.

Kortliks:

Area: Waterkloofrif, Pretoria

Prys: R7 300 000

Heffing: R2 300 per maand

Huisgrootte: 515 m²

Erfgrootte: 2 054 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 3

Motorhuise: 2

Parkering: 10

Agent: Aïda.

Bel Stephan Oberholzer by 071 760 4384 of stuur e-pos na stephan@­aidapta.co.za.

Vir meer inligting, besoek property24­.com en gebruik die verwysingsnommer 112751159.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM