Hierdie unieke, argitek ontwerpte oopplan-huis is geleë in Murrayfield, Pretoria, in 'n eksklusiewe klein veiligheidskompleks met die fokus op familielewe en onthaal.
Die lieflike ingangsportaal lei na 'n ruim, sonnige oopplan-sit-eetkamer en familiekamer met ingeboude kroeg en uitsig oor 'n swembad en tennisbaan. Die studeerkamer is ruim. Daar is twee slaapkamers wat 'n volledige badkamer deel.

'n Moderne en ruim kombuis met eilandtafel is luuks, met voldoende kombuiskaste. Daar is ook 'n aparte spens met rakke.
Die opwaskamer gee gerieflike toegang tot die motorhuise.
'n Elegante houttrapreling neem jou na drie slaapkamers op die boonste verdieping wat uitvloei op 'n private patio en onthaalarea met ongelooflike uitsig.
Die hoofslaapkamer is besonder ruim met 'n gesellige kaggel en en suite-badkamer met borrelbad. Hierdie kamer vloei ook uit na die patio met 'n lieflike uitsig oor die tuin.
Die pragtige, voëlryke bome in die tuin met sy groot speelareas vir kinders en sorglose onthaalareas is net 'n plesier. Die woning is geleë naby skole, gewilde winkelsentrums en hospitale.
'n Bonus is die woonstel met 'n en suite-badkamer en is ideaal vir 'n oppasser of huiswerker. Daar is vier motorhuise met voldoende addisionele parkeerplek.
- Die woning is Sondag op skou tussen 15:00 en 17:00.
Kortliks:
Area: Murrayfield
Prys: R6 900 000
Erfgrootte: 4 509 m²
Vloeroppervlakte: 823 m²
Slaapkamers: 5
Badkamers: 4
Motorhuis: 4
Woonstel: Een slaapkamer met en suite-badkamer en kombuis.
Agent: Aïda. Kontak Helena van den Berg by 061 430 8900 of helenavdb@aidapta.co.za, of besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 113122389 of Aïda JP - 6087686.
















