Lieflike twee- en drieslaapkamer-eenhede met dubbelmotorhuise met outomatiese deure is beskikbaar.
Die eerste vlak van die eenhede spog met 'n moderne, oopplan-leefarea wat na die oopplankombuis en 'n stoep lei.

'n Opwaskamer is eenkant en het plek vir al die nodige toestelle. Ingeboude kaste, wat met sagte aanraking oopmaak, bied meer as genoeg plek om jou breekware en kruideniersware weg te pak.
Om die privaatheid van jou slaapkamers te beskerm, is daar op die eerste vlak 'n gastebadkamer.
Vlak twee en drie spog met moderne slaapkamers en badkamers. Hierdie moderne eenhede is naby winkelsentrums, hospitale, staproetes en restaurante geleë en sal vinnig opgeraap word.
'n Bonus wat uniek is tot dié ontwikkeling is noodkrag wat onmiddellik inskop as beurtkrag toeslaan, 'n 950 l-sonkraggeiser, gasstoof, elektriese oond met 'n watermeter en die eenhede is ook internet-gereed.
- Die eenhede is môre op skou tussen 11:00 en 17:30 en Sondag tussen 11:00 en 15:00.
Kortliks:
Adres: Olympus, Pretoria
Prys: R2 737 000
Erfgrootte: 202 m²
Huisgrootte: Ongeveer 143 m²
Slaapkamers: 2
Badkamers: 2,5
Onderdakparkering: 4
Agent: Rawson
Kontak Bertie Lombard by bertie.lombard@rawson.co.za of 083 501 5511, of Mariska van Heerden by mariska.vanheerden@rawson.co.za of 072 117 5211.
Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1200390.




















