Aïda Pretoria-Oos stel 'n klassieke U-vormige drieslaapkamerwoning in Waterkloofhoogte se veiligheidsbeheerde toegangsgebied bekend.
'n Oopplan-ontwerp met 'n kombuis, leefvertrek en gesinsvertrek met 'n stoep bied 'n uitsig oor 'n binnehoftuin. 'n Ruim opwaskamer met 'n verbindingspunt vir 'n skottelgoedwasser, asook 'n instapspens verseker dat enige grootskaalse onthaalgeleentheid met gemak tuis kan geskied. 'n Afsonderlike wasgoedkamer, stoorkamer en toilet is naby die agterdeur geleë.
Die drie slaapkamers, studeerkamer en woonstel front noord. Die hoofslaapkamer het 'n groot instapkas en volledige en suite-badkamer met 'n buitestort. Die gangbadkamer het 'n bad en 'n wasbak met 'n afsonderlike toilet. Elke slaapkamer beskik oor ingeboude kaste. Die studeerkamer het 'n afsonderlike ingang, wat naby die voordeur geleë is; ideaal vir enigiemand wat van die huis af werk.

Die tuinwoonstel is ruim en bestaan uit 'n ten volle toegeruste kombuis, leefvertrek en 'n slaapkamer met 'n badkamer. Dié woonstel is ideaal om uit te verhuur vir 'n ekstra inkomste.
'n Dubbelmotorhuis en 'n enkelafdak verseker dat motors teen die natuurlike elemente beskerm is. Die erf is ruim en strek teen die skuinste af met 'n onthaalgebied waar gebraai en gekuier kan word. Die onderkant van die erf bied ideale speelplek vir jong kinders.
Hierdie eiendom spog met pragtige loodglas-en-houtafwerkings, 'n kenmerk van die era waarin die eiendom gebou is.
Waterkloofhoogte is goed geleë en bied gerieflike toegang na die N1-snelweg en winkelsentrums.
Kortliks:
Area: Waterkloofhoogte, Pretoria
Prys: R3 750 000
Erfgrootte: 2 180 m²
Huisgrootte: 453 m²
Heffing: R1 200
Erfbelasting: R2 880
Slaapkamers: 3
Badkamers: 2.5
Motorhuise: 3
Agent: Aïda Pretoria-Oos. Bel Jurgens Joubert by 079 338 3068 of stuur 'n e-posboodskap na jurgens@aidapta.co.za. Vir nog inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 114418605.














