Een van Clydesdale se grootste trekpleisters is dat die inwoners nie uitgelewer is aan Eskom se wipplank-kragonderbrekings nie.
Die eiendom is boonop geleë binne loopafstand van Affies, die Universiteit van Pretoria en die Pretoria Boys High School, asook Loftus Versfeld met al sy winkels en restaurante. Die Gautrein-Hatfield-stasie is sowat 2,2 km van hier en die Gautrein-busstasie 'n gemaklike 300 m weg.

Geleë in die hartjie van die uiters gewilde Clydesdale, wat ook bekend staan as "The Little Village in Town", en in die baie stil en gewilde Aytonstraat staan hierdie veelsydige en karaktergevulde eiendom uit toeka se dae vir niks terug nie. Benewens die statige hoofwoning met hoë gedrukte staalplafonne, oorspronklike vloere en deure, erkervensters en oogtrek pragtige loodglaswerk, is daar ook drie selfonderhoudende tuinwoonstelle.
Omring deur reusebome en 'n tuin met hope voëllewe, is dié eiendom regtig 'n "oos-wes-tuis-bes"-plek waar jy in totale harmonie met jou gesin kan saamleef en heerlik saam met jou vriende kan kuier. Vanuit die ingangsportaal betree 'n mens die groot sitkamer met 'n gesellige kaggelarea vir die kouer wintermaande, terwyl die ruim eetkamer ook 'n lekker kuierarea het wat uitloop na die buite-onthaalarea. Die kombuis is prakties beplan en het sowel elektriese as gas-toebehore en 'n aparte opwasarea. Daar is ook 'n gerekenariseerde besproeiingstelsel wat die lewe vir die lui tuinier sommer baie makliker maak.
Die hoofwoning bied drie slaapkamers en twee badkamers. Die ekstra groot hoofslaapkamer met sy eie en suite-badkamer het ook 'n erkervenster wat noord front. Die ander twee slaapkamers, almal met pragtige houtvloere, is ook ekstra ruim dubbelkamers en deel 'n vol badkamer. Daar is verder netjiese huiswerkerkwartiere met 'n eie badkamer.
Die woonstelle het ook hul eie outomatiese hek-straatingang en veilige parkering.
Die algemene veiligheid is uitstekend. Die eiendom is heeltemal ommuur met hoë mure en 'n elektriese heining, en daar is ook 'n elektriese rugsteunstelsel vir die twee motorhekke, alarmstelsel, internetmodem en Wi-Fi. Die alarmstelsel is ook verbind met 'n veiligheidsmaatskappy en verder is daar ook veiligheidskameras. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir vier voertuie.

Kortliks:
Adres: Aytonstraat, Clydesdale
Prys: R2 695 000
Erfgrootte: 1 213 m²
Gebouegrootte: 352 m²
Slaapkamers: 3
Badkamers: 2
Agent: Alleenmandaat. Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of
bel haar by 083 654 3773.


















