GrandWest tydelik toe vir instandhouding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GrandWest sal vanaf 18 tot 21 Februarie tydelik vir instandhouding sy deure sluit.
GrandWest sal vanaf 18 tot 21 Februarie tydelik vir instandhouding sy deure sluit.

Die GrandWest-casino in Kaapstad gaan aanstaande week vir 'n paar dae toe wees weens noodsaaklike instandhoudingswerk.

Die casino-kompleks sal vanaf Sondagnag tot Woensdag 21 Februarie toe wees, sê Mervyn Naidoo, hoofbestuurder, in 'n verklaring.

Die sentrum is 23 jaar gelede gebou en opgradering van onder meer die elektriese infrastruktuur het nodig geword.

"Ons het die afgelope jaar aan 'n meesterplan gewerk om die infrastruktuur vir elektrisiteit op te knap om nuwer kragopwekkers te installeer."

Daar is toe besluit om eerder die hele sentrum te sluit as om dit stuk-stuk te doen.

Mense sal tot Sondag 23:00 steeds die sentrum kan besoek, maar teen middernag sal die kontrakteurs begin inkom. Ingenieurs sal dan die volgende Woensdag vroegoggend met toetse begin, terwyl die plan is dat personeel deur die oggend sal inkom om voor te berei op die heropening Donderdagoggend.

Mense kan na grandwest.co.za gaan vir nadere besonderhede oor die sluiting en wanneer hulle weer open.

SPELETJIES VANDAG

CTA