Eiendomme

Groot aanleg in Vereeniging onder die hamer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Eiendom, aanleg, masjinerie en toerusting van Ostem (Edms.) Bpk., wat in sakeredding is, sal op 24 April deur Park Village Auctions opgeveil word.
Eiendom, aanleg, masjinerie en toerusting van Ostem (Edms.) Bpk., wat in sakeredding is, sal op 24 April deur Park Village Auctions opgeveil word.

Die volledige inhoud van 'n swaar-ingenieurswese-gerief en -eiendom gaan opgeveil word.

Die genoemde bates is afkomstig van Ostem (Edms.) Bpk., wat in sakeredding is.

PVA se sakeredding-afdeling spesialiseer in die verkoping van ondernemings wat probleme ondervind. Die meeste van die sakeondernemings wat onder hierdie afdeling opgeveil word, kort eenvoudig 'n kapitaalinspuiting of herskikking om te kan aanhou sake­ doen, en verteenwoordig dus 'n goeie geleentheid vir beleggers, sê Clive Lazarus van PVA.

In die geval van Ostem, 'n kontrakvervaardiger en voorsiener van vervaardiging-, masjinering-, samestelling- en hersteldienste aan alle bedrywe in Suid-Afrika, verteenwoordig slegs die los bates 'n uitstekende geleentheid om andersins erg duur kapitaal- en bedryfstoerusting te bekom, sê Lazarus­.

Die veiling begin op Woensdag 24 April om 11:00 met die verkoping van Bessemerstraat 6 in Duncanville, Vereeniging.

Hierdie groot, swaar-industriële-vervaardigingskompleks bestaan uit ingenieurs- en vervaardigingswerkwinkels, pakhuise, kantore, personeel-ablusiegeriewe, ruim parkeerplek, motorafdakke, 'n veiligheidskantoor en 'n sementdam. Die perseel, wat ook onderverhuur kan word, bied ook vier toegangshekke.

Die aanleg en masjinerie se veiling sal dan volg. Hierdie lot bestaan uit onder meer Schiess-, Berthiez-, Raframet-, Geo Richards & Co- en Webster Bennett-regopdraaibanke, 'n You Ji CNC- en verskeie ander draaibanke, Kiheung CNC-vreesmasjien, portaalkrane, swaardiensprofielrollers, Grafenstaden-vloerboormasjien, Okuma-, Mas- en Raboma-radiale-armbore. Onder die toe­rusting wat verkoop word, is rak­ke, werkbanke, gereedskapkabi­nette, hysers, 'n Mitts and Mer­rill-steekmasjien, bandsae, staal-meettafels, draaibank- en vrees­toebehore, gereedskap, masjien­gereedskapskikking, 'n skroef­draadsnyer, 'n drieton- bogrondse kraan, sweismasjiene, stofuitsuigstelsel, meganiese guillotine, 6 m- en 12 m-houers.

'n Mitsubishi-vyfton-vurkhyser sal as 'n enkel lot verkoop word, gevolg deur die finale lotte bestaande uit kantoormeubels en -toebehore, elektriese en rekenaartoerusting.

Die eiendom en inhoud van die ingenieursgerief sal apart verkoop word.

• Besigtiging vind op die perseel plaas op Maandag en Dinsdag 22 en 23 April van 09:00 tot 15:00 en die veiling sal gelyktydig op die perseel en aanlyn plaasvind. Om te registreer of om te bie of vir verdere inligting, besoek park­villageauctions.co.za en gebruik die webverwysing 1495.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM