Park Village Auctions (PVA) veil eersdaags 'n indrukwekkende groot nywerheidseiendom "met al die ekstras" in die Koedoespoort-nywerheidsgebied buite Pretoria op.
Clive Lazarus van PVA wat die veiling administreer, sê die eiendom se geriewe en ligging sal tot kopers oor verskeie sektore heen spreek. Elandstraat 37, Koedoespoort Industria, Pretoria, strek oor 15 175 m² met die volgende verbeteringe:
- 'n Enkelverdieping-kantoorgebou wat bestaan uit 'n ontvangslokaal en groot oopplantoonlokaal, 'n raadsaal, 'n direkteurskantoor, verskeie aanvullende kantore, 'n oopplanruimte vir werkstasies, 'n kombuis en verskeie badkamers;
- 'n Pakhuis en tussenvloer met verskeie kleiner kantore;
- Vier werkwinkelgeboue van verskillende ontwerpe, party onderverdeel in kleiner werkwinkels en een met 'n kompressorkamer. Elke gebou het ook badkamergeriewe;
- Dubbelvolume-pakgeriewe met 'n oop kant;
- Twee toegangshekke van Elandstraat af en 'n waghuis; en
- 19 skadunet-motorafdakke en verskeie onderdakparkeerplekke.
"Hierdie eiendom wat tussen Pretoria-Sentraal, Waverley en Wonderboom-Suid geleë is, bied maklike toegang tot die N1 en N4-hoofpaaie en is ook naby verskeie geriewe soos hardewarewinkels en verskeie kosplekke," sê Lazarus.
- Die veiling sal op Maandag 14 Augustus om 11:00 op die perseel plaasvind. Besigtiging kan per afspraak gereël word. Kontak PVA by 011 789 4375 of stuur e-pos na auctions@parkvillage.co.za. Vir meer inligting, besoek parkvillageauctions.co.za en gebruik webverwysing 1291.















