Eiendomme

Hoek-eenheid in gesogte landgoed

'n Pragtige en netjiese drieslaapkamer-hoekeenheid in die Boardwalk­ Meander B-landgoed is op Rawson se boeke.

Die eenheid bied drie ruim slaapkamers op die boonste vlak.

Die vooraansig van die woning.
Die vooraansig van die woning. (SYSTEM)

Die hoofslaapkamer beskik oor 'n badkamer met 'n stort en bad. Die ander twee slaapkamers deel 'n volledige badkamer. Die kamers het almal teëlvloere.

Die grondvloer bied 'n pragtige kombuis met 'n aparte opwasdeel. Die kombuis vloei na die eetkamer en ruim sitkamer. Die gastetoilet is modern en privaat langs die ingangsportaal. Die groot dubbelmotorhuis met outomatiese deure maak vir veiligheid direk oop na die huis.

Een van die grootste pluspunte is die twee afsonderlike stoepe.

Die een is toegemaak met 'n ingeboude braai en die ander een is geskik om met die nodige toestemming toe te maak en sodoende 'n ekstra studeerkamer, speelkamer of werkkamer te skep. Die eenheid beskik oor 'n klein tuin, wat maklik in stand gehou kan word.

Die landgoed bied 'n klubhuis wat spog met 'n swembad, tennisbane en muurbalbane.

Die veiligheid is uitstekend en bied gemoedsrus.

Kortliks:

Area: Boardwalk Meander B-landgoed

Prys: R2 285 000

Vloeroppervlakte: 194 m²

Slaapkamers: 3

Badkamers: 2,5

Motorhuis: 2

Agent: Rawson. Alleenmandaat. Kontak Bertie Lombard by bertie­.lombard@rawson.co.za of 083 501 5511.

  • Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1219070.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM