Houghton-kantore te koop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie woning in die Houghton-landgoed, professioneel omgeskep in luukse kantore, sal einde vandeesmaand deur PVA opgeveil word.        Foto: PVA
Hierdie woning in die Houghton-landgoed, professioneel omgeskep in luukse kantore, sal einde vandeesmaand deur PVA opgeveil word. Foto: PVA

'n Woning in die Houghton-landgoed wat professioneel in kantore omgeskep is, sal teen einde vandeesmaand deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil word.

Clive Lazarus van PVA sê die eiendom is ideaal­ geleë in een van Johannesburg se oudste en luukse voorstede in die middel van die Rosebank-, die Melrose-, die Linksfield-, die Bedfordview- en die Johannesburg-sakedistrik.

Saint Peter-weg 39 strek oor vier erwe (erwe 921, 922, 1054 en 1055), wat straatfront op Saint Peter-weg en Younglaan bied. Die eiendom­ is gesoneer as residensieel 1 met toegestane gebruik vir kantore en is 1 980 m² groot.

Die omgeskepte kantore, wat die vorm aanneem van 'n gedeeltelik enkel- en gedeeltelik dubbelverdiepingwoning, bestaan uit 'n voorportaal en ontvangs, 'n oopplan-kantoorarea met twee stoorkamers, 'n raadsaal, 'n onthaalsitkamer, 'n tweede oopplan-kantoorarea met drie private kantore, 'n kombuis en opwaskamer, kleedkamers vir mans en vroue en 'n gastekleedkamer. Die agtertuin huisves 'n stoorkamer en kelder-agtige motorhuis wat uit drie stoorkamers bestaan.

Die parkeerterrein vir 12 voertuie bestaan uit 'n dubbelmotorafdak en 'n skadunet-area. Ander verbeteringe sluit in 'n tuinstoorkamer, 'n IBR-dakplaat-stoorarea en personeelverblyf wat uit twee personeelkamers en 'n badkamer bestaan.

Los en vaste toebehore sluit in 'n veiligheids­alarmstelsel, 'n CCTV-kamerastelsel, lugversorging in sommige kantore, 'n kaggel in die raadsaal en outomatiese toegangshekke.

"Vir dié wat daarvan hou om sake op die baan te doen, is daar die Houghton Gold Club, die KKC Killarney Country Club, die Royal Johannesburg- en die Observatory-gholfklub om van te kies," sê Lazarus.

Ander nabygeleë geriewe sluit in The Ivy Champagne Garden en die Bedford-winkelsentrum. Die M1-snelweg is toeganklik via die Killarney-oprit, sowat 4 km van die kantore.

  • Die veiling sal op die perseel plaasvind op Dinsdag 28 November om 11:00. Besigtiging is per afspraak en moet gereël word deur PVA te bel by 011 789 4375 of deur e-pos te stuur na auctions@parkvillage.co.za. Vir meer inligting, besoek parkvillageauctions.co.za met die verwysingsnommer 1407.

SPELETJIES VANDAG

CTA