
'n Gesofistikeerde Italiaanse styl tuiste met 'n onvermybare Sardiniese tema gekombineer met moderne hedendaagse leefstyl en hoë kwaliteit afwerkings.
Hierdie eiendom bied 'n unieke kombinasie van afwerkings en installasies wat verwag word in moderne tye.

Luukse onthaal-fasiliteite gepaard met baie spasie en 'n asemrowende uitkyk op Meintjieskop maak die woning ekstra spesiaal.
Terwyl privaatheid en sekuriteit prioriteit geniet, bied hierdie woning uitmuntende kwaliteit-afwerkings in terracotta styl vloere, soliede hout venster-en deurrame en natuurlike klip en rots afwerkings wat soomloos in die gebou se ontwerp opgeneem is.
Die tekstuur van pleisterwerk op 'n besondere manier word ten toon gestel, eie aan die estetiese tema van die beeldskone Sardinië, Italië.
Die woning bied vier ruim slaapkamers met ingeboude kaste en 2.5 badkamers, meer as genoeg onthaalspasie, vier motorhuis sowel as alternatiewe parkering.
Die modern graniet kombuis is onthaal gereed met al die installasies en afwerkings wat maak vir 'n topgehalte kombuis, en gaste kan gemaklik onthaal word in die eetkamer, informele ontspanningsarea of selfs in die formele sitkamer.
Vanaf die onthaalareas lei die patio uit na 'n lui-lekker buite-ontspannings area in 'n goed gevestigde tuin wat manjefiek vertoon en 'n sprankelende swembad met 'n uitsig oor die asemrowende natuur tonele van die omliggende koppie.

Kortliks
Prys: R2 995 000
Erfgrootte: 1 332 m²
Slaapkamers: 4
Badkamers: 2.5
Motorhuis: 4
Agent: Rawson. Kontak vir Anthony Hutton by anthony.hutton@rawson.co.za of adinda.oosthuizen@rawson.co.za of 079 959 3662 of Marjan Battheu by marjan.battheu@rawson.co.za of 081 750 1787.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1239416.














