Eiendomme

Huisgids: Hoekeenheid het leefruimte

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Pragtige tweeslaapkamer-simpleks in die Boardwalk Meander B-landgoed is eksklusief op Rawson se boeke.

Dié hoekeenheid bestaan uit twee slaapkamers en twee badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer kan as 'n studeerkamer gebruik word en bestaan uit 'n studeertafel en boekrakke.

Die tuin by die skuifdeure.
Die tuin by die skuifdeure.

Die kombuis het 'n spens en genoegsame kaste en vloei na die eetkamer en die ruim leefgebied lei na 'n omheinde patio. Die eet- en sitkamer is afsonderlike vertrekke.

Die eenheid het gelamineerde vloere en ondervloerse verhitting en daar is lugversorging in die eetkamer. Hierdie hoekeenheid het 'n pragtige tuin.

Die dubbelmotorhuis met outomatiese deure is lekker groot en gerieflik.

Daar is 'n 8 KWA-dieselkrag­opwekker met skakelpunt, 'n JoJo-tenk, besproeiingstelsel en waterfiltreerstelsel.

Die Boardwalk Meander B-landgoed is bekend om sy uitstekende veiligheid, klubhuis, muurbalbane, tennisbane en swembad. Water is ingesluit by die maandelikse heffing.

Die landgoed is gerieflik naby geleë aan verskeie skole, hospitale en die Olympus Village-winkelsentrum. Maklike toegang tot verskeie snelweë is 'n bonus.

  • Die woning is Sondag tussen 14:30 en 17:00 op skou.

Kortliks:

Ligging: Boardwalk Meander, Pretoria

Prys: R1 700 000

Huisgrootte: 122 m²

Slaapkamers: 2

Badkamers: 2

Motorhuis: 2

Alleenagent: Rawson.

Kontak: Kontak Bertie Lombard by bertie­.lombard@rawson.co.za of 083 501 5511 of Kevin Ogden by kevin­.ogden@rawson.co.za of 076 018 8008.

  • Vir meer inligting en foto's, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1275923.
CTA