Huisgids: Moderne leefhuis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Pragtige ruim en moderne woning met 'n aparte woonstel in Elarduspark gaan vir seker die oog trek.

Een van die hoofkenmerke wat die woning aantreklik maak, is die groot oopplan-kombuis wat invloei met die leefareas.

Die tuinarea, swembad en onderdak-braaiarea.
Die tuinarea, swembad en onderdak-braaiarea. (SYSTEM)

Die studeerkamer met 'n oorvloed natuurlike lig sal ook aanklank vind by diegene wat graag in rus en vrede wil werk of studeer.

Die hoofhuis het drie weelderige slaapkamers, waarvan twee en suite-badkamers het, en die hoofslaapkamer het 'n ruim instapkas. Die onderdak-braaiarea, swembad en goed versorgde tuin dra by tot die algemene moderne en ruim gevoel wat die woning bied. Die woonstel het twee slaapkamers, een badkamer, 'n kombuis en leefarea.

Die woning beskik oor puik veiligheidstoestelle en daar is ook voldoende onderdakparkering vir gaste.

Kortliks:

Area: Elarduspark, Pretoria

Prys: R2 950 000

Erfgrootte: 1 250 m²

Huisgrootte: 454 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 4

Parkeerplek: 4

Agent: Rawson.

Kontak Bertie Lombard by bertie.lombard@rawson.co.za of 083 501 5511, of Mynhardt Maree by mynhardt.maree@rawson.co.za of 071 643 7748.

verwysingsnommer 1226748.

SPELETJIES VANDAG

CTA