'n Inkomstegenererende kommersiële eiendom in Germiston se prominente industriële nodus, Wadeville, word op 8 Junie deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.
"Beleggers wat in industriële eiendomme belê, weet maar alte goed wat die waarde is van 'n gebou wat reeds deur huurders beset word," sê Clive Lazarus van PVA wat die veiling sal behartig.
"Dis 'n winsgewende geleentheid vir diegene wat hul portefeulje wil uitbrei."
Die eiendom van 38 513 m² is netjies, goed in stand gehou en as Industrieel 1 gesoneer.

Van die kenmerke sluit in 'n pakstoor, fabrieks- en werkwinkelruimte, kantoorgeboue, ablusiegeriewe, stoorkamers, 'n pomphuis, 'n transformator en 'n hoogspanningkragtoevoer (HT)-kamer, drie-fase-krag, motorafdakke en 'n redelike groot erf.
"Die eiendom spog met ruim opritte en verskeie ingange, wat dit maklik maak om enige toerusting wat daagliks afgelewer of versend word, te hanteer," sê Lazarus.
Wat die huidige aktiwiteite betref, is daar 'n pakhuis op die perseel, asook 'n motorherstelwerk-werkwinkel en ligte industriële bedrywighede.
Die eiendom is op die hoek van Berrange- en Murrayweg, wat dit 'n puik ligging maak so naby die N17-hoofweg. Blootstelling aan die hoofpad (Murrayweg) bied 'n uitstekende geleentheid om naamborde op te rig.
Dit is noodsaaklik dat die eiendom besigtig word.
- Afsprake kan gereël word deur PVA te kontak by 011 789 4375 of e-pos te stuur na auctions@parkvillage.co.za. Die veiling sal op Donderdag 8 Junie om 11:00 op die perseel begin, terwyl belangstellendes terselfdertyd aanlyn sal kan bie. Vir meer inligting, besoek parkvillageauctions.co.za met webverwysingsnommer 1259.




















