Michael James Organisation bied twee insolvensieveilings, op hul onderskeie persele, in Oktober aan. Die een eiendom is in Distrik Ses in die stad, en die ander een in die Buh-Rein-landgoed in die noordelike voorstede.

Distrik Ses
Die eiendom in die stad is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n oopplan-sitkamer na die kombuis. Daar is ook 'n klein stoepie met teëls en kunsgras. Die 42 m2-woonstel het 'n uitstekende ligging. Dit het koopkrag asook 'n privaat parkeerplek.
Daar is 'n gemeenskaplike gimnasium in die woonstelgebou asook 'n swembad en braaigeriewe op die dak. Die gebou het 24-uur-toegangsbeheer en beveiliging.
Die munisipale waardasie is R920 000, met maandelikse tariewe wat sowat R400 beloop en 'n heffing van ongeveer R1 400.
Veiling: Dinsdag 1 Oktober om 11:15.
Plek: Eenheid 144 SS Six, Sir Lowryweg 76, Distrik Ses.
Buh-Rein-landgoed
Die ander eiendom is 'n moderne dubbelverdiepinghuis met drie slaapkamers en twee badkamers. Die 148 m2-huis het 'n enkelmotorhuis en 'n onthaalarea.
Dit is ten volle beveilig met 24-uur-toegangsbeheer.
Hierdie huis het min instandhouding nodig en is die ideale eiendom vir eerste kopers.
Die munisipale waardasie is R1 500 000, die maandelikse tariewe sowat R600 en die heffing ongeveer R1 400.
Veiling: Woensdag 2 Oktober om 11:15.
Plek: San Michele 14, Buh-Rein-landgoed.
Besigtiging vir albei eiendomme is Sondag 29 September van 14:00 tot 16:00.
Kontak: Samantha James by samantha@michaeljames.co.za of Erik Reeder by erik@michaeljames.co.za of skakel 021 851 7007.
Besoek gerus michaeljames.co.za vir meer inligting en nog foto's van elke eiendom.















