Kantoorpark ’n ware werk-juweel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie vyfverdieping-AAA-graad-kantoorgebou in die Quadrum-kantoorpark, Constantiakloof, word vandeesmaand opgeveil.
Hierdie vyfverdieping-AAA-graad-kantoorgebou in die Quadrum-kantoorpark, Constantiakloof, word vandeesmaand opgeveil.

‘n Moderne vyfverdiepinggebou in Constantiakloof se Quadrum-kantoorpark sal op Dinsdag 19 Maart onder Park Village Auctions se hamer kom.

Clive Lazarus, direkteur van PVA, beskryf die eiendom as 'n prima beleggingsgeleentheid.

Die AAA-graad- kommersiële ruimte bestaan uit nege deeltiteleenhede (nrs. 21 tot 29), kompleet met oopplankantore, raadskamers, kombuise, pakkamers, kleedkamers en gemeenskaplike areas, 'n kelder, 'n parkeerterrein en 24-uur-veiligheid met toegangsbeheer.

Hierdie vyfverdieping-AAA-graad-kantoorgebou in die Quadrum-kantoorpark, Constantiakloof, word vandeesmaand opgeveil.
Hierdie vyfverdieping-AAA-graad-kantoorgebou in die Quadrum-kantoorpark, Constantiakloof, word vandeesmaand opgeveil.

Volgens Lazarus is een van die sterkste kenmerke die feit dat die kantoorgebou spog met dieselkragopwekkers, wat 'n minimum van 800 kVA voorsien en wat gekoppel is aan ononderbroke kragvoorsiening (UPS), wat naatlose oorskakeling tussen die kragopwekkers en die Eskom-netwerk verskaf.

Lazarus wys verder daarop dat benewens die park se 60 000-liter-ondersteuningswaterreservoir, daar 'n 10 000-liter-waterreservoir in die kelder is.

"Dit is nie net uitstekende kantore nie, maar hulle is ook deel van die pragtig ontwerpte en gevestigde Quadrum-kantoorpark en sy ideale ligging."

Die Quadrum-kantoorpark is geleë by Constantia Boulevard 50, Constantiakloof, Roodepoort.

Dit is toeganklik van die N1-snelweg, die Wes-Rand en Randburg via 14de Laan en Ontdekkersweg.

Die park word omring deur verskeie restaurante en kleinhandelaars soos Bossa Grill, Tiger's Milk Northcliff en die Clearwater-winkelsentrum.

Die verkoping sal gedoen word deur middel van 'n gelyktydige op-die-perseel- en aanlyn veiling en begin om 11:00 op 19 Maart.

Elke eenheid sal apart verkoop word en dan weer as een lot.

Volgens Lazarus sal die hoogste bod of 'n kombinasie van botte oorweeg word.

  • Besigtiging kan gedoen word die dag voor die veiling (18 Maart) van 14:00 tot 16:00. Om te regis­treer en vir nog inligting, besoek parkvillageauctions.co.za en gebruik die nommer 1492. Vir alle veilingsinligting, kontak Park Village­ Auctions by 011 789 4375 of besoek parkvillageauctions.co.za.

SPELETJIES VANDAG

CTA