Hierdie keurig opgeknapte en karaktervolle woning is ideaal vir die groter gesin en bied drie ruim, sonnige leefareas met twee kaggels vir 'n luilekker kuier in die koue wintersaande.
Twee van die leefareas vloei na die geplaveide buite-onthaalarea en 'n maklik hanteerbare tuin. Woelwaters kan in 'n gesinsgrootte swembad baljaar terwyl almal heerlik om die braaivleisvuur kuier.

Daar is 'n ruim studeerkamer en/of kantoor. Die funksionele kuierkombuis het oorgenoeg pakplek, asook 'n aparte spens, opwas- en wasgoedarea met 'n direkte toegangsdeur na die motorhuise en stoorkamer. Daar is ook 'n aparte ekstra groot gastekamer met 'n en-suite-badkamer, ingeboude kaste plus eie toegangsdeur na die swem- en buite-onthaalarea.
Die vyf slaapkamers is lekker groot en het ingeboude kaste. Daar is 'n kinderkamer met 'n badkamer wat aan die noorde front, terwyl die ekstra groot en gerieflike hoofslaapkamer met hope ingeboude kaste toegerus is, asook 'n volledige en-suite-badkamer. Die instap-aantrekkamer kan ook baie prakties as 'n babakamer aangewend word.
Nóg 'n bonus is die private, opgeknapte woonstel op die boonste verdieping met 'n ruim en sonnige leefarea wat uitloop op 'n private balkon en 'n pragtige uitsig oor die tuin en swembad.
Die baie maklik hanteerbare tuin, wat grotendeels geplavei is maar volop speelplek bied, sal volpunte by die lui tuinier kry.
Verder is daar 'n dubbele toesluitmotorhuis en 'n ekstra ingangshek vir veilige terreinparkering vir gaste of huurders. Goeie veiligheid rond hierdie puik beleggingsgeleentheid perfek af! Gaan kyk gerus!
Kortliks:
Area: Muckleneuk, Pretoria
Prys: R2 685 000
Huisgrootte: 749 m²
Slaapkamers: 5
Badkamers: 4
Motorhuise:2
Agent: Heiberg Estates. Kontak Lauriann Vermaak by info@heibergestates.com of 082 858 7256. Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 113040071.
- Die woning is môre tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers van Berea-, Celliers- en Hans Pirow-straat.




















