Park Village Auctions sal binnekort groot bates van 'n konstruksiemaatskappy in likwidasie op 'n tydgebonde aanlyn veiling verkoop. Die bates wat aangebied word, sal groot belangstelling ontlok by firmas betrokke by konstruksie, mynwese, grondverskuiwing en siviele ingenieurswese, volgens PVA se Werner Burger.
Hy meen tydgebonde veilings bied 'n ideale platform vir kopers om oorwoë botte te maak. "Kopers kry die luuksheid om te bie terwyl hulle hul huiswerk doen om 'n regverdige prys te betaal vir groot artikels en dan die botte te verander voor sluiting.

Daar is geen risiko dat jy nie suksesvol sal wees nie en dit verhinder dat jy meegevoer word in veilingkoors."
Die veiling begin op Donderdag 25 Julie en eindig Vrydag 2 Augustus om 10:00.
Hierdie bates word opgeveil:
- 'n Bell L705D-laaigraaf;
- 'n New Holland 70-56-trekker;
- 'n Komatsu PC200-masjiengraaf;
- Tata Novus-betonmengervragmotors;
- 'n JCB 535 140- teleskopiese vurkhyser;
- 'n New Holland B90B-trekskoplaaier;
- 'n JCB VM 115-padroller; en
- Kantoortoerusting, waaronder lessenaars, rusbanke en kaste.
Burger moedig belangstellendes aan om die toerusting vooraf per afspraak te besigtig deur hom te bel by 082 418 1664 of 011 334 2649. Die voertuie en masjiene is geleë by Neutronweg 12, Klerksdorp en Ga-Rankuwa, en die kantoortoerusting is geleë by Centrallaan 24, Flamwood, Klerksdorp.
- Vir meer inligting of om te registreer, besoek webverwysing 1593 op parkvillageauctions.co.za.





















