Dis nie elke dag dat jy die geleentheid kry om twee aangrensende woonhuise met die potensiaal vir herontwikkeling aan die voet van Tafelberg aan te skaf nie!
Geleë tussen Duiwelspiek en Leeukop, is Oranjezicht een van Kaapstad se mees gesogte woonbuurte. Welbekend vir sy lewendige, nuwerwetse leefstyl, is die buurt lank reeds 'n gunsteling onder welgestelde jong professionele persone en modieuse stadsliefhebbers.

Constantiastraat 12 en 14 bied twee aangrensende residensiële eiendomme met pragtige berguitsigte wat seldsame herontwikkelingspotensiaal bied.
Die uitsigte is besonders en die eiendomme bied jou die geleentheid om 'n nuwerwetse, luukse skema te ontwikkel om voordeel te trek uit die groeiende vraag na behuising in die omgewing. Die vraag na korttermyn-verhuring in die omgewing is besonder hoog.
Volgens Dan van Zyl, die afslaer wat hierdie veiling gaan behartig, bied die veiling " 'n fantastiese geleentheid vir 'n ontwikkelaar, belegger of spekulant om hierdie besondere eiendomme in 'n uiters gewilde area op te raap".

Constantiastraat 12 bied 'n stewige woonhuis met teëldak en is gedeeltelik enkel- en gedeeltelik dubbelverdieping.
Die hoofhuis het vyf slaapkamers (hoof en suite), 'n sitkamer, kombuis, badkamer, aparte toilet, 'n stoorkamer en 'n waskamer. Dit beslaan ongeveer 165 m².
Die eenheid op die boonste vloer het 'n oopplankombuis, slaapkamer en badkamer. Dis ongeveer 44 m².
Op dieselfde erf is daar ook 'n losstaande dubbelverdiepinggebou bestaande uit 'n grondvloer-ateljeewoonstel van 29 m² met kompakte sitkamer, slaapkamer, stort en toilet.
Op die boonste verdieping is 'n wooneenheid van ongeveer 44 m² met 'n sitkamer, slaapkamer, stort en toilet. Dit het sy eie braaigedeelte van ongeveer 52 m².
Constantiastraat 14 bied 'n enkelverdieping-woonhuis aan die straatkant en 'n losstaande dubbelverdieping-wooneenheid agter.
Die hoofhuis is in twee eenhede verdeel. Eenheid 1 bestaan uit 'n ingangsportaal, sitkamer, kombuis, slaapkamer, badkamer en aparte toilet. Eenheid 2 het 'n kombuis, eetkamer, slaapkamer en badkamer. Die totale grootte is 149 m².
Die losstaande dubbelverdieping bestaan uit 'n waskamer, twee stoorkamers en 'n toilet met wasbak op die grondvloer. Dis ongeveer 50 m².
Die eerste vloer met 'n pragtige berguitsig het 'n sitkamer, eetkamer, twee slaapkamers, twee en suite-badkamers en oopplankombuis. Dit is 85 m².
Die eiendomme sal apart en gesamentlik opgeveil word.
Besigtiging en registrasie: Vanaf 10:00 op die dag van die veiling.
Veiling: Vrydag 20 Oktober om 12:00 op die perseel.
Vir meer inligting:
Afslaer: Dan van Zyl Xdanvanzyl49@gmail.com, 0 082 458 3867




















