Park Village Auctions sal 'n gedeeltelik afgebreekte residensiële eiendom in een van Sandton se gewilde bo-markvoorstede, Inanda, opveil.
Hier is, volgens PVA se hoofafslaer, Clive Lazarus, 'n goue geleentheid vir 'n hoogs winsgewende omskakeling.
"As Afrika se rykste vierkante myl is Sandton-eiendom 'n seën en beleggers is besig om soveel eiendom moontlik op te raap wat dit moeilik maak om 'n voet in die Sandton-eiendomsmark te kry - en Inanda-eiendomme is onder die mees gesogte," het Lazarus gesê.
"Daar moet kennis geneem word Inanda het oor die jare betekenisvolle prysverhogings gesien met 'n gemiddelde toename van 15% tussen 2015 en 2022. Die potensiaal vir ROI op hierdie eiendom is yslik as addisionele verkoopspunte van ligging met toegang tot Rivoniaweg in ag geneem word."
Lazarus meen kundige kopers wat weet dat veilings uitstekende waarde vir geld bied, sal die geleentheid aangryp om hierdie eiendom te bekom en die besparings kan afset op opknappingskoste wat 'n aantreklike wins kan lewer.
Kylesingel 7 geleë in The Inandas, Rivoniaweg 58, Inanda, is 'n dubbelverdiepingwoning, met buitegeboue wat voltooiing en konstruksiewerk benodig, met grootte 884 m². The Inandas is 'n sekuriteitskompleks met 24-uur-sekuriteit en is geleë in 'n stil voorstad van Sandton wat inwoners toegang bied tot winkelsentrums, verskeie uitstekende staat- en private skole, mediese fasiliteite en die Sandton-sakekern.
- Belangstellende partye word aangemoedig om 'n afspraak vir besigtiging te maak en om te registreer om te bie voor die op-die-perseel-veiling, wat geskeduleer is vir 11:00 op Donderdag 7 Maart. Vir verdere inligting besoek parkvillageauctions.co.za en gebruik die webverwysing 1474 of skakel 011 789 4375. Vir alle veiling-verwante inligting, kontak Park Village Auctions by 011 789 4375 of gaan na die webwerf parkvillageauctions.co.za.















