Twee lieflike wooneiendomme, elk met gerieflike toegang tot prominente Johannesburgse gholfbane in die noorde en suide van hierdie wêreldstad, word binne die volgende week deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.
Clive Lazarus van PVA sê albei wonings spog met 'n luukse Johannesburgse leefstyl met sy wêreldklas-inkopie-, vermaak- en ontspanningsgeriewe, om nie eens van gesogte gholfbane te praat nie.

Eerskomende Dinsdag 26 September om 11:00 word die eiendom by Mount Pellan-rylaan, Glenvista, op die perseel opgeveil. Hierdie eiendom word beskryf as 'n "manjifieke, veelvlakkige gesinswoning". Die huis kyk uit oor die Glenvista-buiteklub en spog met vier slaapkamers, 'n borrelbad, 'n swembad, dubbelmotorhuis, personeelkwartiere en 'n sekuriteitshokkie op 'n erf van 2 088 m².
Geriewe in die omgewing sluit in The Glen-winkelsentrum, Mall of the South, Glenvista High School, Little Cedars Kids Academy, Turn 'n Tender Steakhouse en die Klipriviersberg- munisipale natuurreservaat.
In die noorde, by die Blair Atholl Golf & Equestrian Estate in Ashenti-weg, Lanseria, sal Player-slot 373 per aanlyn webuitsending om 11:00 op Donderdag 28 September opgeveil word.
Hierdie vierslaapkamerhuis spog met oop leefareas, 'n groot patio wat uitloop op 'n groot agtertuin en swembad, motorhuise vir drie voertuie en personeelkwartiere.
Die erf is 2 904 m² groot. Besigtiging kan per afspraak gereël word.
Geriewe en aanloklikhede naby sluit in The Fat Olive-restaurant, The Cradle Restaurant by die Cradle Boutique Hotel, Lanseria-lughawe, Heron Bridge College, Chartwell House Montessori Eco School en die Chartwell Corner-winkelsentrum.
Vir meer inligting oor die Glenvista- en Blair Atholl Estate-eiendom besoek www.parkvillageauctions.co.za met webverwysings 1347 en 1345 onderskeidelik.














