Luuks, massief en glorieryk

Hierdie landmerk en oogtrekker in Waterkloof met 'n uiters gesogte Edwardstraat-adres is een van die mees eksklusiewe wonings die afgelope dekade wat pas aan die eiendomsmark bekend gestel is.

Oorspronklik ontwerp deur die bekende Nederlandse argitek John van de Werke, is die eiendom na 'n verdere eksklusiewe vlak geneem deur Mellet & Human­-argitekte, wat die bestaande pragtige glorie van weleer met fyn detail en moderne argitektoniese veranderinge in harmonie gebring het.

Die enorme huis is 914 m² groot.
Die enorme huis is 914 m² groot.

Selfs die mees perfeksionistiese en moeilike koper sal nie anders kan as om hierdie sieraad van 'n eiendom wat net spreek van die allerbeste, volpunte te gee nie.

Die totaal gemoderniseerde en sonnige woning, wat noord front met 'n luukse en toegeruste braai- en onthaalpaviljoen, word omring deur reusebome, 'n nuut ontwerpte droomtuin met sprinkelbesproeiing en 'n boorgat.

Van die dubbelvolume-ingangsportaal vloei reuseleef­areas wat met dubbele deure na die pragtuin, buite-onthaalpaviljoen en swembad uitloop. Daar is 'n asemrowende biblioteek met soliede, oorspronklike, meestervakman-vervaardigde kiaatmuurpanele­ en rakke, as­ook 'n groot kaggel en reuse­erkervenster.

Die ekstragroot-sitkamer, reusebanket-eetkamer, asook die TV-kamer, het almal gesellige, oorspronklike, unieke kaggels en is prakties langsaan die ekstragroot, splinternuwe kombuis geplaas.

Die droomkombuis het pragtig gepoleerde wit klipsteenwerkoppervlakke, ingeboude Smeg-toebehore (insluitend geïntegreerde yskas en vrieskas) met 'n gesellige eethoekie en werkeiland.

Daar is ook 'n groot instapspens en aparte opwasarea - alles met nuwe ingeboude kaste.

Van die kombuis lei dubbeldeure na die agtergroente-en-kruietuin met 'n heerlike private kuier-en-ontbyt-area onder die koel skadubome.

Die dubbele, elektriese motorhuis bied ook toegang na die kombuisareas.

'n Verdere drie parkeerplekke plus reusestoorruimte wat ook perfek as gimnasium of private kantoorruimte kan werk, plus dubbele volledige personeelkwartiere met 'n eie kombuisie en badkamer, asook 'n bykomende waskamer, is op die onderste grondvlak ingerig.

'n Breë en swierige soliede-hout-trap lei na die boonste verdieping met 'n gesellige TV-kamer, studeerarea en prakties toegeruste kombuis-en-koffiestasie wat ideaal vir die vyf ultraluukse en suite-slaapkamers is.

Almal is toegerus met volop ingeboude kaste en pragbadkamers. Die groot hoofslaapkamer is iets baie spesiaals met hom-en-haar-badkamergeriewe en oorgenoeg kaste. Die sonnige noordfront-slaapkamers se private balkonne bied uiters mooi uitsigte oor Pretoria en die Uniegebou.

'n Mens sou nog soveel hoogtepunte van hierdie bakermateiendom kon uitlig, maar die beste is vir die kieskeurige en fynproewer-koper om self te gaan kyk!

Die woning kan slegs per afspraak besigtig word.

Kortliks:

Adres: Waterkloof

Prys: R18 500 000

Erfgrootte: 1 718 m²

Huisgrootte: 914 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 5

Agent: Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg byhttps://mailto: info@heibergestates.co.zainfo@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA