Eiendomme

’n Pragwoning in Newlands

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Pragtige gesinswoning in Newlands, Pretoria, met drie slaapkamers en twee badkamers is in die mark.

Die oopplan-area, wat die eetkamer en die sitkamer insluit, vloei in die pragtige moderne kombuis met genoeg plek vir al jou toebehore. Die woning spog ook met 'n studeerkamer.

Die swembadarea.
Die swembadarea. (SYSTEM)

Die hoofslaapkamer het 'n volledige en suite-badkamer. Die ander twee slaapkamers deel 'n badkamer.

Daar is 'n tweede sitkamer of TV-kamer wat vloei na 'n groot gesins- of vermaakkamer met 'n ingeboude braai, wat uitloop na die tuin en sprankelende swembad, perfek vir ontspanning en vermaak.

Die eiendom voeg waarde toe met bykomende ekstras, soos elektriese motorhuisdeure en 'n veiligheidshek, onderdakparkering vir twee voertuie en 'n buite-badkamer, wat 'n stort, wasbak en toilet insluit. Daar is ook 'n tuinhuisie, elektriese omheining en 'n alarmstelsel.

Hierdie huis is in 'n baie goeie toestand met 'n puik ligging in 'n 5 km-radius van die Laerskool Menlopark, die Hoërskool Menlopark, die Universiteit van Pretoria, winkelsentrums en mediese geriewe.

Kortliks:

Adres: Newlands, Pretoria

Prys: R2 450 000

Erfgrootte: 710 m²

Huisgrootte: 254 m²

Slaapkamers: 3

Badkamers: 2

Motorhuise: 2

Agent: Rawson. Deelmandaat.

Kontak Tania Reynolds by tania.reynolds@rawson.co.za of 072 463 3235 of Tommy du Plessis by tommy.duplessis@rawson.co.za of 082 550 6545.

  • Vir meer inligting, besoek property24­.com en gebruik die verwysingsnommer 1213370.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM