Oos wes, tuis bes

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hierdie statige woning is geleë in een van die gewildste en veiligste strate in die doodloop-deel van Maraisstraat.

Dit staan amper 'n klipgooi van die Laerskool Pretoria-Oos, Affies, Pretoria Boys High en Tuks af.

Hierdie prageiendom is in 'n veiligheidsbeheerde toegangsarea geleë. Besondere kenmerke is die totale privaatheid wat 'n mens geniet, die ekstra ruim sowel binne- as buite-ont­haalareas met 'n maklik hanteerbare pragtuin, reusebome en sprankelende swembad.

Die pragtige woning in Brooklyn, Pretoria.
Die pragtige woning in Brooklyn, Pretoria.

Pragtige soliedehoutvloere en -deure plus ekstra hoë plafonne wat gedeeltelike oop dakkappe het, dra by tot die besondere karakter van die woning, wat met fyn aandag aan detail en goeie afwerkings keurig gemoderniseer is.

Die reusegesinskamer, wat noord front en met 'n kaggel-kuierarea, die gesellige eetkamer, 'n reusesitkamer ook met 'n kaggel en met oop, dubbelvolume dakkappe loop almal met dubbele deure uit op die groot onderdak-kuierstoep wat 'n mooi uitsig bied oor die tuin en die swembad, terwyl die sagte druppels van die spuitfonteine 'n mens onmiddellik laat rustig voel.

Die kombuis met genoeg ruimte vir 'n ontbyttafel of eiland is met graniet afgewerk en daar is volop soliedehoutkaste vir stoorplek, terwyl daar ook 'n aparte opwasarea en 'n werkkamer buite en wasgoedkamer is. Daar is ook 'n aparte private sitkamer met eie badkamergeriewe.

'n Pragtige soliedehouttrap lei na die boonste verdieping, wat bestaan uit 'n klein sitkamer-deel, vier ruim slaapkamers en drie gemoderniseerde badkamers. Die hoof-en suite-slaapkamer is ekstra ruim met reusehoekvensters wat op die lowergroen tuin uitkyk en het volop kaste, plus 'n Travetine-geteëlde badkamer met bad en stort. Die tweede slaapkamer is ook en suite met 'n volledige badkamer en die oorblywende twee slaapkamers deel 'n volledige badkamer.

Die ruim en suite-gaste-ateljee is op die grondvlak geplaas en sal veral by ouer mense wat nie wil trappe klim nie, byval vind. Die luukse, volledig toegeruste tuinwoonstel is 'n reusebonus en kan veeldoelig vir 'n kind op universiteit, langtermyn-verhuring of as 'n inkomste-genererende Airbnb-eenheid gebruik word.

Daar is twee toesluitmotorhuise en daar kan met gemak nog vier motorhuise­ of afdakke op die gepla­veide "boonste" deel van die erf ge-bou word.

Die algemene veiligheid is goed en daar is ook veiligheidstrale en monitors om die hoofwoning geplaas.

  • Die woning is Saterdag tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers van Roper-, Justice Mahomed-, Murray- en Maraisstraat­.
Gebruik dié QR-kode vir ’n aanlyn toer van die eiendom.
Gebruik dié QR-kode vir ’n aanlyn toer van die eiendom. (SYSTEM)

Kortliks:

Adres: Maraisstraat 1, Brooklyn

Prys: R5 295 000

Erfgrootte: 1 826 m²

Gebouegrootte: Ongeveer 550 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 3

Motorhuise:2

Agent: Deelagent. Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of

bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA