Home & Hectare bied 'n pragtige inkomstegenererende olyf- en wingerdplaas aan, aan die buitewyke van die lieflike dorpie Darling in die Wes-Kaap, net 40 km vanaf die Atlantiese Oseaan aan die Weskus, per aanlyn veiling aan.
Hierdie is 'n uiters netjiese plaas met al die mees moderne toerusting, wat hierdie 'n ideale hanteerbare inkomstegenererende plaas in 'n gesogte distrik maak.

Stap net in en begin boer. Alles is reeds in plek.
Die 85 ha-plaas het 16 ha Frantoio-olywe en 17,5 ha wingerde onder drupbesproeiing en 11 ha onder Valley-spilpunt. Die res is bewerkbare grond geskik vir graan of vee.
Daar is 'n moderne outomatiese besproeiingstelsel en twee pomphuise, twee besproeiingsdamme, nege boorgate asook munisipale water.
Die plaas het Eskom-krag asook 'n sonkragstelsel met 70 kW-sonpanele en 'n 60 kW-omskakelaar.
Die geboue is in 'n uiters goeie toestand en sluit in: 'n tweeslaapkamerwoonhuis, 'n olyfverwerkingsaanleg met al die nodige toerusting vir die verwerking van olywe, 'n olyf-proelokaal, 'n implemente-skuur, 'n oop skuur, 'n koelkamer, twee arbeidershuisies, 'n ablusieblok en store.
Die plaas is te koop as 'n lopende saak.
Besigtiging: Slegs per afspraak
Aanlyn veiling: Woensdag 30 Augustus van 08:00 tot 12:00
Plek: www.homeandhectare.com
Kontak: Albie Loubser by 082 573 9902 of albie.loubser@homeandhectare.com en Tjaart Steyn by 082 771 5843 of tjaart.steyn@bkb.co.za.
Besoek gerus ook die webwerf vir nog foto's en inligting.




















