Eiendomme

Pragwoning te koop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die rustige woongebied Waterkloof Glen met sy weelderige huise en jakarandastrate is die tuiste van die Constantia Glen-sekuriteitsdorp.

Dié sekuriteitsdorp in Pretoria is sowat 13 jaar gelede begin met die uitsluitlike doel om die veiligheid van inwoners in die aangewese gebied te verseker.

As jy jou en jou gesin se veiligheid hoog op prys stel, is hierdie pragtige vyfslaapkamerhuis in Constantia Glen dalk vir jou.

Die reuse-grasperk is die ideale plek vir kinders om te speel.
Die reuse-grasperk is die ideale plek vir kinders om te speel. (SYSTEM)

Die eiendom beskik oor drie ruim leefgedeeltes, vyf dubbelgrootte-slaapkamers, elkeen met ingeboude kaste, 'n studeerkamer met 'n afsonderlike ingang van buite af, asook 'n klein sit-/stok­perd­jie­­kamer, drie badkamers, 'n plaasgrootte kombuis met 'n was­kamer, 'n enorme onderdak­patio, 'n swembad, 'n groot deel buite vir kinders om te speel, 'n ekstragroot motorhuis, asook huisvesting vir werknemers.

Die enorme formele sitkamer by die ingang het 'n gesellige kaggel en vloere van Rhodesiese kiaat.

Die baie ruim oopplan-eet­-/TV-kamer het ook 'n kaggel en 'n vloer van Rhodesiese kiaat, en sluit by die kombuis aan.

Die kombuis het plek vir 'n ontbyttafel met agt sitplekke.

Die afsonderlike waskamer met plek vir alle geriewe is voornemende inwoners se droom.

In die kombuis is vyf gasplate met 'n elektriese oond.

Die kaste is van soliede kersiehout met granietblaaie.

'n Afsonderlike gesins-/tele­visievertrek met 'n houtvloer is langs die kombuis en loop uit op 'n groot onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe, 'n swembad en 'n groot grasperk.

Die ekstragroot motorhuis van 6 m x 8 m bied veilige parkeerplek en ekstra parkeergeriewe is op die erf beskikbaar.

Die eiendom beskik verder oor 'n 8 kVA-omskakelaar met agt sonpanele, twee litiumbatterye en drie plat sonpanele vir drie geisers van 200 liter elk.

Wat sekuriteit betref, het die eiendom 'n alarmstelsel, dief­wering, veiligheidshekke, veiligheidstrale binne en buite, elektriese motorhuisdeure en 'n elektriese hek.

Die hele eiendom is omhein en ongemagtigde besoekers kan nie toegang verkry nie.

Kortliks:

Area: Waterkloof Glen

Prys: R6 700 000

Erfgrootte: 2 031 m²

Huisgrootte: 552 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 4

Motorhuis: 1

Parkeerplek: 1

Agent: Aïda

Kontak Sarette Genis by 082 458 4876 of 012 348 3720 of 078 465 1451, of stuur e-pos na reception@aidaprop.co.za

  • Besoek property24.com vir nog inligting en verstrek die verwysingsnommer 113618728.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM