Hierdie pragtige woning met uitstekende veiligheid, pragtige bome en voëllewe is in die gewilde Lynnwood Gardens-landgoed geleë.
Die landgoed is slegs 1 km van die Laerskool Lynnwood en gerieflik naby die Hoërskool Menlopark met verskeie ander goeie skole en Tuks.

Die uitleg van die huis is gebruikersvriendelik en prakties, met goeie uitleg en vloei, en is ideaal vir 'n veilige en ontspanne leefstyl.
Die huis bied vier slaapkamers en 'n studeerkamer, twee badkamers en 'n ruim TV-kamer en eetkamer.
'n Groot oopplan-kombuis met genoeg kaste sorg vir lekker baie spasie.
Daar is ook 'n aparte opwasdeel, wat 'n bonus is.
Die stoep, wat noord front met ingeboude braaigeriewe wat uitkyk op die sprankelende swembad, is een van die woning se groot trekpleisters.
Daar is 'n dubbelmotorhuis en ook 'n aparte kamer met badkamer vir 'n huiswerker.
Die swembad word omring deur 'n netjiese tuin wat nie veel instandhouding verg nie.
Die woning bied alles wat 'n gesin nodig het en in ag genome dat dit naby aan verskeie topskole, die N1-hoofweg, winkelsentrums en restaurante geleë is maak die woning gesog.
Jy kan ook veilig voel om te gaan stap of fietsry in die omgewing.
Kortliks:
Area: Lynnwood, Pretoria
Prys: R4 350 000
Erfgrootte: 647 m²
Huisgrootte: 380 m²
Slaapkamers: 4
Badkamers: 2
Motorhuise: 2
Parkeerplek: 1
Agent: Aïda Pretoria-Oos.
Bel Jurgens Joubert by 079 338 3068 of stuur e-pos na jurgens@aidapta.co.za of Tinus Beneke by 082 733 8090 of tinusb@aidapta.co.za.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 113931924














