Eiendomme

Raap binne drie dae vele skaars items op

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Van vandag tot Maandag het die Wynland-tak van Old Johannesburg Warehouse Auctioneers (OJW) 'n indrukwekkende driedag-veiling geskeduleer!

Oosterse silwerware, meubels en ander versamelstukke, interessante kentekenstukke van handelsmerke soos 'n Pepsi Cola-botteldoppie, skaars munte, oudhede, skaalmodelle, versamelbare kuns en motors, boeke, horlosies, juweliersware, keramiekware, wyn en meer sal opgeveil word.

Hierdie groot 19de-eeuse Chinese blou en wit tempelkruik is van die vele items wat opgeveil gaan word.
Hierdie groot 19de-eeuse Chinese blou en wit tempelkruik is van die vele items wat opgeveil gaan word.

Die verskillende items, meestal uit private versamelings en vier boedels, is jare lank liefdevol en noukeurig versamel. Spesiale melding word gemaak van 'n groot 19de-eeuse Chinese blou en wit tempelkruik, 'n seldsame groep van 17 groot Chinese vergulde houtfigure, Tweede Wêreldoorlogse sjokolade- en sigaretgeskenkblikkies met inhoud, gekleurde diamante, 'n skaars lot van 19de-eeuse geelhout-vloerplanke en -dakbalke, Africana-meubels, ­Georgiese Engelse meubels, skaars Indiese meubels.

'n Magdom kuns is by hierdie reeks ingesluit met werke deur onder andere Eleanor Esmonde-White, Sydney Carter, Alexander Podlashuc, Hennie Niemann, Diane Victor, Amos Langdown, Carl Buchner, Frans Claerhout, Gregoire Boonzaier en Fritz Krampe.

He Lihuai - of Harry He soos hy beter bekend is - se figuurlike oliewerk getiteld The girl playing pipa is 'n opvallende vertolking.

Daar is ook meer as 400 lotte juweliersware, horlosies, ontwerpershandsakke en sonbrille. Vir die horlosieversamelaars is daar handelsmerke soos Rolex, Hublot, Longines, Tag Heuer, Tudor, Omega en meer.

Al drie dae van die veiling vind aanlyn plaas en elke dag begin om 09:00. Die publiek kan die items besigtig by The Old Tannery in Hermonweg, Wellington. Personeel sal op die perseel wees om te help.

Toegang tot die veiling kan verkry word vanaf www.oldjwauctioneers.com of deur die gratis toepassing (Oldjw Auctioneers) af te laai.

Die katalogus kan aanlyn of op die app besigtig word.

Vir meer inligting, skakel gerus 072 629 0109 of stuur ook e-pos na winelands@oldjwauctioneers.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM