Repo: So sê mark

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Nuwe fase Dit was straks nie die koersverlaging waarop huiseienaars gewag het nie, maar volgens Adrian Goslett van ReMax Suider- Afrika is die onveranderde repokoers (op 8,25%) hopelik die begin van 'n nuwe daalfase in rentekoerse.

Verspeelde kansNoudat die inflasiekoers tot sy laagste vlak in maande gedaal het, was dit 'n gulde geleentheid om rentekoerse te verlaag, sê Samuel Seeff van die Seeff-eiendomsgroep.

Die Reserwebank se oorversigtige benadering rem egter die ekonomie, met veral eerstekopers en huiseienaars in die onderste deel van die mark wat die seerste kry.

Inflasie nog hier Die Reserwebank se besluit om die repokoers onveranderd te laat, was heeltemal te wagte, sê Greg Dart, direkteur van High Street Auctions.

"Die inflasiespook het nog nie gewyk nie. Die VPI-syfer het weliswaar in Desember tot 'n goeie 5,1% gedaal, maar dit is nog nie genoeg nie.

"Ons inflasie vir 2023 was steeds op 6%, wat aan die boonste punt is van die Reserwebank se 3%-6%-teikenband."

Dit is wel nie goeie nuus vir beleggersvertroue en om die ekonomie weer aan die gang te kry nie.

"Daarvoor sal die regering eers sy eie huis in orde moet kry, met logistieke probleme boaan die lys," sê Dart.

SPELETJIES VANDAG

CTA