Hierdie dakwoonstel van uiterste afmetings is stapafstand van die Universiteit van Pretoria.
Die woonstel beskik oor ruim geteëlde leefareas en 'n groot dakstoep. Die dakstoep spog met 'n noordelike Jakarandaboom-uitsig oor Hatfield. Die drie ruim slaapkamers beskik elk oor sy eie badkamer.

'n Gastebadkamer is naby die leefareas. Die hoofslaapkamer is geteël en het 'n groot instapkas. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer loop albei uit op die dakstoep.
'n Instap-linnekas kan in die gang gevind word.
'n Enorme kombuis met egte houtkaste bied meer as genoeg werkoppervlakke, asook waterkonneksiepunte vir 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Twee motorhuise verseker dat motors veilig en onderdak is.
Die Normandie-deeltitelkompleks bestaan uit slegs 34 eenhede en het 'n groot gemeenskaplike tuin met boorgatbesproeiing. Hierdie eiendom is geskik vir jonk en oud, professionele mense en studente.
- Die dakwoonstel is Sondag op skou tussen 14:00 en 17:00. Bel Jurgens Joubert vir 'n afspraak.
Kortliks:
Area: Brooklyn, Pretoria
Prys: R2 200 000
Vloeroppervlakte: 387 m²
Erfbelasting: R2 081
Heffings: R5 102
Slaapkamers: 3
Badkamers: 3,5
Motorhuise: 2
Agent: Alleenmandaat. Aïda Pretoria-Oos. Bel Jurgens Joubert by 079 338 3068 of stuur e-pos na jurgens@aidapta.co.za.
- Vir meer inligting, besoek die webwerf property24.com en gebruik die verwysingsnommer 112472750.














