Eiendomme

Spog-eenhede by die stad

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die nuwe woonontwikkeling Maritime Place in Paardeneiland kombineer verskeie groottes eenhede in ’n buurt naby aan die stad en hooftoevoerroetes.
Die nuwe woonontwikkeling Maritime Place in Paardeneiland kombineer verskeie groottes eenhede in ’n buurt naby aan die stad en hooftoevoerroetes.

'n Nuwe ontwikkeling in die hartjie van historiese Paardeneiland beloof om 'n puik belegging te bied vir nuwe kopers sowel as diegene wat naby aan die stad wil woon.

Volgens Rawson-eiendomme sal die nuwe Maritime Place-ontwikkeling 'n gemeenskap op sy eie vorm danksy al die dienste wat hy aan eienaars bied.

Dit sluit in groen landskappe, 'n swembad, 'n leefstylsentrum en gimnasium, restaurante, werkruimtes en veilige 24/7-sekuriteitsdienste met biometriese toegangsbeheer.

Die drieslaapkamereenhede bied 'n pragtige uitsig op Tafelbaai.
Die drieslaapkamereenhede bied 'n pragtige uitsig op Tafelbaai. (SYSTEM)

Die ontwikkeling bied pragtige uitsigte op Tafelberg en die see, en is naby al die belangrikste toevoerroetes na die stad geleë.

Die ontwikkeling sal uit altesaam 334 eenhede bestaan met pryse wat teen R950 000 vir studio-eenhede begin, tot by R2,2 miljoen vir drieslaapkamereenhede.

Daar is ook een- (R1,45 miljoen) en tweeslaapkamereenhede (R2 miljoen).

Kompakte studio-eenhede bied 'n uitstekende belegging vir eerstekopers of vir potensiële verhuring.
Kompakte studio-eenhede bied 'n uitstekende belegging vir eerstekopers of vir potensiële verhuring.

Sommige studio's sal 'n balkon hê, terwyl al die ander eenhede wel elkeen met sy eie balkon kom.

Kopers sal ook die keuse hê om 'n eenheid reeds toegerus met meubels te bekom, teen 'n ekstra tarief.

Volgens die ontwikkelaar sal verkope op 15 November begin, met die bouwerk wat teen Desember 2026 voltooiing sal bereik.

  • Jou kontak: Besoek die webwerf maritimeplace.co.za, of kontak Davide del Fante by 082 758 0458.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM