Groenkloof is en bly een van Pretoria se gesogste woongebiede vanweë sy sentrale ligging.
Met uitstekende toeganklikheid en hoofaar-vervoerroetes om Groenkloof, asook 'n veiligheidsbeheerde toegangsarea, is dit 'n veilige, stil en lekkerleef-woongebied.
Dit is 'n uitstekende eiendomsbeleggingsgebied waar diplomate uit onder meer die Europese Unie, Amerika en Japan graag woon en die koop-om-te-verhuur-mark 'n reusehupstoot gee.

Hierdie veelsydige, stylvol gemoderniseerde en ingerigte eiendom met 'n stil en vreedsame Leipoldtstraat-adres, sal jou bekoor. 'n Jong gesin of ouer egpaar gaan 'n wonderlike nuwe tuiste hier kan vind met gesellige binne- asook buite-onthaalgebiede, terwyl die kleiner tuin beslis volpunte by alle tuiniers sal kry. Die huis en tuin is lae instandhouding en baie maklik om in stand te hou.
Uit die ingangsportaal vloei ekstra ruim oopplan-leefareas met hoë plafonne en lugversorging toegerus uit op die groot buite-onthaal en braaiarea. Daar is 'n kleiner swembad en 'n borrelbad.
Die onlangs oorgedoende kombuis in die Europese styl wat met sowel gas- as elektriese toebehore toegerus is, bied alles wat jy moontlik kan nodig kry, asook plek vir al die nodige masjiene.
Die aparte formele en private sitkamer kan ook veeldoelig as 'n TV-kamer of as 'n groot studeerkamer aangewend word. Perfek vir die koop-om-te-verhuur-belegger is die saamgegroepeerde drie slaapkamers met twee volledige badkamers in 'n eie vleuel, wat jy ook baie maklik en kostedoeltreffend as 'n aparte, toesluitbare vleuel sou kon inrig en as sulks kon gebruik, aangesien dit 'n voorvereiste vir enige diplomatieke verhuring is.
Die lugverkoelde slaapkamers het ook instapkaste en daar is oorgenoeg pakplek. Die hoofslaapkamer is ekstra ruim met 'n ingeboude studeerkamer of sit-deel, 'n reuse-instapkas, luukse badkamer en deure wat uitloop na die swembadgebied. As 'n groot bonus is 'n luukse en ruim tuinwoonstel met sy eie kombuis en badkamergeriewe, terwyl die dubbelmotorhuis ekstra pakplek bied.
- Die woning is môre tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers vanaf Wenning-, Baines- en Leipoldtstraat.

Kortliks:
Adres: Leipoldtstraat, Groenkloof
Prys: R2 695 000
Erfgrootte: ongeveer 600 m²
Gebouegrootte: 245 m²
Slaapkamers: 3
Badkamers: 2
Motorhuise: 2
Agent: Alleenmandaat. Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.



















