In die hartjie van Vanderbijlpark sal jy dié merkwaardige dubbelverdiepinggebou aantref wat oor twee erwe strek.
Die eiendom bestaan nie net uit twee kommersiële huurders en 24 wooneenhede nie, maar is ook ten volle verhuur, wat 'n gekombineerde inkomste van R128 000 per maand lewer. Vir ernstige beleggers bied die eiendom wonderlike geleenthede.

Hierdie eiendom strek oor twee aanliggende erwe, Erf 402 en Erf 403, in Napierstraat. Erf 402 is 949 m² groot en Erf 403 is 764 m² groot. Albei pakkette spog met 'n oppervlak onderdak van 1 000 m². 'n Bonus is dat hulle 'n titelakte deel, wat 'n eienaarskapstruktuur daarstel. Hoewel die eiendom nie vir BTW geregistreer is nie, is dit beskikbaar vir onbewoonde besit by oordrag.
Die eiendom het veilige parkering aan sowel die woonstel se kant as op straat, wat gerief en toeganklikheid verseker vir inwoners en besoekers. Daarbenewens is daar 'n gemeenskaplike draagbare braai-area wat die lewensgehalte van die inwoners verhoog. Diefwering is geïnstalleer om veiligheidsmaatreëls te bevorder ter ondersteuning van 'n veilige omgewing.
Wat die eiendom veral aanloklik maak vir beleggers, is die diversiteit van die soort huurders. Dit bied verskeie wooneenhede in verskillende groeperings met maandelikse huur wat wissel van R1 000 tot R5 100. Die kommersiële aspekte van die eiendom dra aansienlik by tot die totale inkomste. Een van die kommersiële huurders, Prime Time, bring R30 000 per maand in, terwyl die ander huurder, Better Price Supermark, R12 500 per maand genereer. Elke huurder (óók die residensiële huurders) werk op 'n maand tot maand-huurooreenkoms, behalwe vir Prime Time, wie se huurooreenkoms nog tot 31 Desember 2027 geldig is.
Vanderbijlpark se belowende ekonomiese landskap, tesame met die feit dat dit 'n gevestigde industriële stad is, maak die eiendom 'n waardevolle bate in 'n goeie ligging. Die gerief van veilige parkeerplek en die buitelugruimte verhoog die lewensgehalte van inwoners en kliënte.
Heffings en belasting vir die twee erwe word geraam op sowat R3 3000, terwyl elektrisiteit sowat R20 000 beloop. Addisionele uitgawes, soos skoonmaak- en veiligheidsdienste, word ook in ag geneem, met 'n totaal van 'n geraamde R11 000 per maand. Die gesamentlike geraamde uitgawes is dus sowat R34 300. Die ten volle verhuurde eiendom met gemengde gebruik bied 'n uitstekende beleggingsgeleentheid. Die maandelikse inkomste word gereken op R128 000, wat met gemak die maandelikse uitgawes dek.
"Of jy 'n gesoute belegger is of pas die eiendomsmark betree, die aanbod is 'n geleentheid wat nie geïgnoreer moet word nie," sê Tanya Jovanovski, franchisehouer van Rawson Auctions in die Wes-Kaap.
"Om hierdie inkomstegenererende bate joune te maak, moenie huiwer om ons vir meer besonderhede oor die veiling te kontak nie."
Die eiendom sal op Woensdag 25 Oktober om 12:00 opgeveil word. Die reserweprys is R6,5 miljoen met 'n verwagte openingsbod van R6 miljoen. Alle aanbiedings sal oorweeg word.
- Kontak Wayne Lones-Field by 074 917 4992 om te reël vir besigtiging of om meer inligting te bekom, of bel Jovanovski by 079 980 3457. Belangstellende partye word versoek om alle aanbiedings om te koop in te dien volgens Rawson Auctions se standaardbepalings en voorwaardes, wat aanlyn beskikbaar is of wat gekry kan word deur die veilingspan te kontak by auctions.info@rawson.co.za of 079 980 3457.




















