"Hier is 'n groot geleentheid vir die gesinsman, belegger of spekulant om 'n praghuis met 'n see-uitsig in 'n baie goeie en gewilde omgewing te koop.
"Dis 'n voortreflike eiendom," sê Dan van Zyl, wat hierdie belangrike veiling namens die eksekuteur in die insolvente bestorwe boedel van wyle M.I. Meyer hanteer.
Glencairn is 'n voorstad nagenoeg 4 km noord van Simonstad, langs die strande van Valsbaai. Toegang word verkry van Vishoek, Simonstad of Noordhoek.
Die strand word deeglik benut met aktiwiteite soos swem, branderplankry, kajak en snorkel.
Glencairn Heights is hooggeleë en kyk uit op Valsbaai.
Daar is 'n stabiele groei in eiendomspryse.
Hoewel dit weg is van die stadsgewoel, is dit tog naby skole, winkelsentrums, strande, kerke, gesondheidsorg en toeristebestemmings.
Hierdie dubbelverdiepinghuis van siersteen het 'n teëldak en 'n pragtig uitsig oor die see.
Daar is vier slaapkamers, 'n studeerkamer, twee en 'n halwe badkamer, 'n gastetoilet, ingangsportaal, ruim oopplan-sit/eetkamer, werkskamer, kroeg, balkon, kombuis, opwaskamer, dubbel- en enkelmotorhuis, en vele meer.
Veiling: Dinsdag 15 Augustus om 11:00
Plek:Op die perseel by Stewardstraat 80, Glencairn Heights
Vir meer inligting en foto's van die eiendom, bel vir Dan van Zyl by 082 458 3867 of stuur e-pos na danvanzyl49@ gmail.com.




















