Eiendomme

Victoriaanse styl met ’n top-adres

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hierdie stylvolle woning in die Victoriaanse styl spog met 'n gesogte adres in 'n stil en boomryke straat.

Die ligging wes van Jan Shoba (Duncanstraat) is 'n groot bonus deurdat jou kinders veilig van daar kan fietsry na die Laerskool Pretoria-Oos of Affies en later na Tukkies. Die feit dat die aansoek in hierdie area vir 'n afgebakende, sekuriteitsbeheerde toegangsarea in 'n gevorderde stadium is, is nog 'n bonus. Die area se sluiting sal verder bydra tot die bestaande algemene veilige en stil omgewing, terwyl dit jou langtermyn-eiendomsbelegging se groei 'n hupstoot sal gee.

Die tuin en swembadarea.
Die tuin en swembadarea.

Die huidige eienaars woon al meer as vier dekades daar en het met perfeksionisme die karaktervolle woning en pragtuin met sy reusebome stylvol opgegradeer en in stand gehou.

Van die ingangsportaal, waar spesiale en oorspronklike loodglas-kunswerke op die voordeur, gangdeur en elders jou begroet, vloei 'n ruim studeerkamer na links. Van die studeerkamer is daar veilige en direkte toegang na die ekstragroot dubbelmotorhuis met outomatiese deure.

Die aaneenvloeiende leefareas se glimmende houtvloere en hoë plafonne trek dadelik die oog, die formele sitkamer het 'n gesellige kuierkaggelarea vir die kouer wintermaande en die eetkamer is prakties naby die goed toegeruste kombuis geplaas. Die reusegesinskamer bied met groot deure toegang na die onderdak- ingeboude braaiarea en sonstoep. Vier slaapkamers met twee badkamers is gerieflik en veilig bymekaar gegroepeer waar 'n mens met gemak bloot net 'n bykomende veiligheidshek kan installeer vir 'n afgebakende veiligheidslaaparea. Daar is ook volop ingeboude kaste. Die hoof-en suite-slaapkamer het ook 'n buitestoep met groot glasskuifdeure wat 'n pragtige uitsig oor die tuin en swembadarea bied.

Hierdie is voorwaar 'n eiendom vir diegene wat hou van binne- en buite-onthaal. Die eerste buite-onderdakonthaalarea met ingeboude Jetmaster-braai is besonder ruim en kan net so goed in die winter vir lekker en gesellige kuiergeleenthede sorg. Die tweede buite-onthaalarea met sy ingeboude braai is onder die koel reusebome en bied 'n bekoorlike uitsig op die rustige en goed versorgde tuin met lekker speelgrasperke en 'n swembad.

Die algemene sekuriteit van die eiendom is uitstekend. Daar is kolligte wat met sonpanele verbind is en outomaties aangaan. 'n Baie goeie alarmstelsel met kameramoniteringstelsel wat jy van jou selfoon kan beheer, dra by tot die waarde wat hierdie woning bied.

  • Die woning is môre tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers van Roper-, Cameron- en Maraisstraat.

Kortliks:

Adres: Maraisstraat 56, Brooklyn

Prys: R3 395 000

Erfgrootte: 1 232 m²

Hoofgeboue: Ongeveer 360 m²

Bygebou: 234 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 4

Agent: Alleenmandaat. Heiberg Estates. Kontak Bambie­ Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

Gebruik dié QR-kode vir 'n aanlyn toer van die eiendom.
Gebruik dié QR-kode vir 'n aanlyn toer van die eiendom. (SYSTEM)

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM