Eiendomme

Voetspoor van eetplek in Stilbaai op die blok

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Home & Hectare bied jou 'n geleentheid wat een keer in 'n leeftyd opduik!

Ongeveer 240 m² van erf 217 in Stilbaai-Oos word opgeveil. Dit is die voetspoor van die gebou waar die Lappiesbaai-restaurant tans geleë is.

Die voetspoor van die gebou waar die Lappiesbaai-restaurant is, word einde September per veiling verkoop.
Die voetspoor van die gebou waar die Lappiesbaai-restaurant is, word einde September per veiling verkoop.

Hierdie perseel bied onbelemmerde see-uitsigte en is by die hoofstrand geleë.

Die Hessequa-munisipaliteit is verantwoordelik vir die onderverdeling en hersonering na Sakesone 1 van die perseel.

Die koper moet op sy eie koste die beskikbaarheid van die aantrekkamers en badkamers vir vakansiegangers verseker.

Die perseel bied oneindige moontlikhede en kan in 'n spogplek ontwikkel word.

Besigtiging: Slegs per afspraak.

Veiling: Woensdag 27 September om 14:00.

Plek: Raadsaal, munisipale kantore, Stilbaai.

Navrae: Willie van Rensburg by 083 261 7641 en willie.vanrensburg@ homeandhectare.com, of Albie Loubser by 082 573 9902 en albie.loubser@homeandhectare.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM