Vyf wenke vir wanneer jy begin woonstel soek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Is jy gereed om die sprong te maak van jou ouers se huis na jou eerste eiendom?

Of om daardie huurkontrak vaarwel te roep en voortaan jou geld aan jou eie huisverband te bestee?

Hier is vyf kwessies wat jy in gedagte kan hou om jou koopproses vinniger en makliker te maak wanneer jy na jou droomwoonstel gaan soek. En om seker te maak dat jy die nuwe eienaar van daardie winskopie is en nie die ander besoekers aan die tooneiendom nie.

Daar is heelwat voordele aan 'n woonstel-leefstyl, en al hoe meer mense soek die gerief daarvan op, wys die mark, wat sterk groei in hierdie segment van die eiendomsmark toon. Foto: iStock
Daar is heelwat voordele aan 'n woonstel-leefstyl, en al hoe meer mense soek die gerief daarvan op, wys die mark, wat sterk groei in hierdie segment van die eiendomsmark toon. Foto: iStock

1. Prioritiseer jou behoeftes en be­groting:Voordat jy na woonstelle begin soek, maak eers 'n lys van jou inkomste en uitgawes. Stel 'n realistiese begroting op wat jou uitgawes betref sodat jy darem­ nog geld oor het vir kruideniersware en om die motor te laat versien.

Maak ook 'n lys van waar jy wil gaan woon. Wat is die minimum grootte waarna jy sal kyk?

In watter omgewing wil jy die graagste woon, en waar glad nie?

Watter dienste bied die sekuriteitskompleks, en is dit naby 'n skool of jou werk?

2. Kry 'n vooraf goedgekeurde huis­lening: In 'n mededingende mark help dit baie as jy met 'n goedgekeurde lening in die hand by 'n verkoopsagent kan aanklop. Dit wys jy is 'n ernstige koper en versterk dus jou koopkrag.

Dit sal die transaksie self ook baie vinniger laat verloop. En dan kan 'n verkoper aan jou voorkeur gee in 'n mededingende mark.

3. Wees buigsaam, en tree vinnig op:Wanneer verskeie kopers om een gesogte eiendom meeding, help dit baie as jy buigsaam is en flink optree.

Stel outomatiese kennisgewings op vir al jou internetsoektogte sodat jy blitsig op 'n nuwe eiendom kan reageer.

4. Doen steeds jou huiswerk: As jy in 'n bepaalde omgewing belangstel, doen jou huiswerk.

Wat is die tipiese prys vir eiendomme waarna jy kyk in daardie omgewing? Vind ook uit wat die verborge koste is, soos heffings en belastings.

5. Kry 'n ghoeroe: Dit help baie as jy die bystand het van iemand wat 'n kenner op die gebied is. 'n Ervare agent is goud werd wanneer jy raad wil vra of inligting oor 'n eiendom en die woongebied wil hê.

'n Agent kan ook namens jou met die verkoper om 'n beter prys onderhandel.

SPELETJIES VANDAG

CTA